Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Heidelberg-moordsaak: Verdagtes moet ander adresse verskaf

Twee van die drie verdagtes in die moord op Andries Swanepoel (58), ’n inwoner van Heidelberg in Gauteng, moet eers alternatiewe adresse aan die hof verskaf voordat hul borgtogaansoeke aangehoor sal word.

Die oorledene, Andries Swanepoel (58).

Alice Graham (44), haar seun James Randall (22) en Clifford Basson (64) het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Landdros Richard Mathabela het Graham en Randall se aansoeke om borgtog tot 11 September uitgestel om hulle die geleentheid te gee om alternatiewe adresse aan die hof te verskaf. Al drie verdagtes bly in aanhouding, het Mathabela gesê.

Hannes Beukes, hul prokureur, het vroeër aan Netwerk24 verduidelik dat net Graham en Randall om borgtog aansoek doen. “Die tweede beskuldigde (Basson) het ’n vorige veroordeling en gaan nie om borgtog aansoek doen nie.”

Graham en Swanepoel is glo lewensmaats. Almal het op ’n erf in AG Visser-straat in Heidelberg in ’n woonwa en ’n tent gewoon. Daar is ook ’n leë huis op die erf. Swanepoel is na bewering op die aand van 24 Augustus erg aangerand. Hy het ná die aanranding inmekaargesak en sy bewussyn verloor, waarna hy glo na ’n ongebruikte slaapkamer in die leë huis gesleep en daar gelaat is. Sy lyk is die volgende oggend gevind en paramedici het hom dood verklaar.

Beukes wou nie homself uitlaat oor watter veroordeling Basson reeds teen hom het nie. “Ek kan nie enige details van die saak met die media bespreek nie,” het hy gesê.

Meer oor:  Andries Swanepoel  |  Hof  |  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.