Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Henri probeer glo eie lewe in tronk neem

Die driedubbele moordenaar Henri van Breda (23) het Donderdag glo probeer om sy eie lewe te neem.

’n Bron by die departement van gesondheid het Donderdagmiddag bevestig dat Van Breda by een van hul fasiliteite opgeneem is.

Henri van Breda tydens sy skuldigbevinding verlede week in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Die bron sê Van Breda is beslis nie by die Karl Bremer-hospitaal in Bellville soos wat elders berig is nie.

“Gewoonlik word ’n pasiënt verwys na die plek naaste aan waar hy woon.”

Die Victoria-hospitaal in Wynberg is die naaste provinsiale hospitaal aan die Pollsmoor-gevangenis.

Bronne het Donderdagoggend gesê Van Breda word nie meer in die hospitaalafdeling van die gevangenis aangehou nie. Hy is glo verskuif na die afdeling vir verhoorafwagtendes nadat sy regsverteenwoordigers nie ’n mediese sertifikaat kon verskaf wat sy beweerde mediese toestande bevestig nie.

’n Bron sê Van Breda is daar glo deur ander verhoorafwagtendes aangerand voordat hy probeer het om sy eie lewe te neem.

Van Breda is verlede week aan die moord op sy broer, Rudi, pa, Martin, en ma, Teresa, skuldig bevind. Hy is ook skuldig bevind aan poging tot moord en regsverydeling. Regter Siraj Desai het aanbeveel dat hy tot met vonnisoplegging op Dinsdag 5 Junie in die hospitaalafdeling by Pollsmoor-gevangenis aangehou word.

Adv. Pieter Botha, Van Breda se regsverteenwoordiger, kon nie Donderdag vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Selfdood  |  Henri Van Breda  |  Bylmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.