Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Heropening van skole: Hof sê nee vir Mmusi

Die konstitusionele hof het Vrydag geweier dat Mmusi Maimane se beweging die regering se besluit om skole te heropen, op ’n dringende grondslag mag betwis.

Die hof het tot die slotsom gekom dat One South Africa “in dié stadium nie ’n sterk saak vir regstreekse toegang het nie”.

Maimane het in sy beëdigde verklaring aan die hof die regering se besluit om die skole te heropen op grond van faktore soos swak infrastruktuur, oorbevolkte skole, personeeltekorte en probleme met sanitasie en openbare vervoer uitgedaag.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê buiten vir die Wes-Kaap en Gauteng is daar steeds probleme met die lewering van beskermende toerusting en die ontsmetting van skole, “maar die situasie is wesenlik beter as ’n week gelede”.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, sê daar is “werklik ’n groot verskil tussen dit wat die onderwyshoofde by die minister aanmeld en dit wat op grondvlak gebeur”.

Volgens Klopper is daar wel kommer omdat die skandering en data-aantekeninge wat soggens gedoen moet word, langer neem as wat beplan is. “En om in die praktyk ’n gesonde afstand te handhaaf, is moeiliker as wat vermoed is.” – News24, Eugenie Gregan

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.