Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hewitt kry nie korrektiewe toesig

Die kinderverkragter Bob Hewitt se aansoek om sy tronkstraf na korrektiewe toesig te verander, is van die hand gewys, sê Peter van Niekerk, sy slagoffers se prokureur.

Die kinderverkragter Bob Hewitt se aansoek om sy tronkstraf na korrektiewe toesig te verander, is van die hand gewys. Foto: Gallo Images

Die 78-jarige voormalige tennisafrigter dien ses jaar tronkstraf uit vir die verkragting van twee jong vroue en die seksuele aanranding van ’n ander vrou. Hulle het in die 1980’s en 1990’s tennislesse by hom geneem.

Hewitt het in September, nadat hy twee jaar tronkstraf in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth uitgedien het, om korrektiewe toesig aansoek gedoen.

Sy slagoffers het verlede week verklarings by die paroolraad ingedien om sy aansoek teen te staan.

Van Niekerk het voorheen, toe Hewitt aansoek gedoen het om vrygelaat te word, die slagoffers se woede beskryf. “Dit is afskuwelik. Hy het twee 12-jariges verkrag. Hy was in ’n gesagsposisie waar mense hom in hul vertroue geneem het en toe verkrag hy twee 12-jariges.”

Hy meen Hewitt moet sy volle termyn uitdien.

Een van sy slagoffers het gesê hy het reeds ’n korter termyn ontvang as gevolg van sy ouderdom. “Hoekom sal hy dink hy is geregtig op ’n verdere opskorting van sy vonnis?”

As tennisspeler het die Australies-gebore Hewitt nege Grand Slam-dubbelspel en ses gemengde dubbelspel-titels gewen. Hy het drie keer tot die halfeindstryd van die Australiese Ope-tennistoernooi deurgedring. Hewitt het ook die Davis-beker gewen nadat hy in 1974 na Suid-Afrika verhuis het.

Meer oor:  Bob Hewitt  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.