SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
FOTO'S: Hier is Precious se vermeende moordenaar

Die vermeende moordenaar van Precious Ramabulana (21), ’n student van Limpopo wat verlede week meer as 50 keer met ’n mes gesteek is, sal Kersfees agter tralies deurbring.

Aubrey Manaka (28) het Maandagoggend vlugtig in die landdroshof in Morebeng in die Botlokwa-gebied op aanklag van moord verskyn.

Aubrey Manaka (28) het Maandag in die landdroshof in Morebeng in Limpopo verskyn weens die moord op Precious Ramabulana.Foto: Rudzani Tshikororo
Manaka
Manaka is is verlede Donderdag by sy ouerhuis in Nyakeleng-nedersetting in Botlokwa, sowat 40 km noord van Polokwane, in hegtenis geneem. Foto: Rudzani Tshikororo

Manaka het ’n liggrys sweetpakbaadjie aangehad waarvan hy die kappie oor sy kop getrek het.

Hy het verslete tekkies aangehad en is onder swaar polisiebegeleiding na die hof vervoer. Hy is verlede Donderdag by sy ouerhuis in Nyakeleng-nedersetting in Botlokwa, sowat 40 km noord van Polokwane, in hegtenis geneem.

Precious RamabulanaFoto: Facebook/Precious Ramabulana

’n Bebloede mes en bloeddeurdrenkte klere is glo by hom gekry. Die polisie het ook beslag gelê op ’n selfoon by Manaka, wat glo aan Ramabulana behoort het.

Ramabulana se moord het skokgolwe deur die land gestuur.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag haar bedroefde familie in Nzhelele buite Louis Trichardt besoek.

Ramabulana is meer as 50 keer met ’n mes gesteek in ’n kamer wat sy in ’n huis gehuur het, nie ver nie van die Ramokgopha-kampus van die Capricorn TVET-kollege in Botlokwa.

Sy het ’n kursus in sakebestuur aan die Capricorn TVET-kollege gedoen.

Sy is Vrydag in Nzhelele begrawe.

Manaka sal in aanhouding bly tot 30 Januarie wanneer hy weer in die landdroshof in Marobeng sal verskyn.

Meer oor:  Aubrey Manaka  |  Morebeng  |  Limpopo  |  Moord  |  Hof  |  Precious Ramabulana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.