Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hlophe bly ook sy dag in die hof ontduik

Die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, wil oënskynlik meer belastinggeld vir ’n Britse senior advokaat hê om hom in sy wangedrag-saak te verteenwoordig.

John Hlophe

Dit ploeter al van 2008 voort. Omdat daar nou ’n dispuut is tussen die staatsprokureur en Hlophe se regspan oor rekeninge, kan die regterlike gedragstribunaal nie meer môre voortgaan soos beplan nie, het die regbank Vrydag aangekondig.

Die klagte teen Hlophe hou verband met beweerde inmenging by die konstitusionele hof se regters toe hulle destyds in ’n tussentydse saak oor oudpres. Jacob Zuma en die maatskappy Thales se beweerde wapentransaksie-bedrog moes beslis.

Al 11 regters het ’n gesamentlike klag ingedien dat Hlophe hulle probeer ompraat het om in Zuma se guns te beslis. Ironies genoeg is Zuma se saak ook die afgelope week vir die soveelste keer uitgestel.

Die laaste keer dat die tribunaal oor die Hlophe-saak probeer sit het – in Julie verlede jaar – is die verrigtinge ook onbepaald uitgestel. Twee van die klaers, regters Bess Nkabinde en Chris Jafta, was daar en gereed om te getuig, maar Hlophe het nie opgedaag nie.

Een van die tribunaallede, regter Cagney Musi, het onttrek nadat Hlophe beweer het hy het ’n vendetta teen hom. Musi het dit ontken, maar hom aan die saak onttrek.

Dit het nou meer as ’n jaar geneem om ’n nuwe tribunaallid aan te stel en voort te gaan, toe dit op die nipper ontspoor het.

Intussen is Hlophe steeds in beheer van die Wes-Kaapse hooggeregshof en dien boonop op die regterlike dienstekommissie (RDK) wat oor sy lot moet besluit. Hy was deel van die RDK wat verlede week besluit het om die gedragstribunaal se bevinding teen die dronkry-regter Nkola Motata te ignoreer en hom nié in ’n staat van beskuldiging te plaas nie.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het einde verlede jaar aan Business Day gesê die Hlophe-saak kan nog “lank” neem weens die geskil oor regskoste.

“Julle sal onthou dat hy ’n QC (Queen’s Counsel, soortgelyk aan ’n SC in Suid-Afrika) van Londen gebruik . . . en dit lyk of begrotingsbeperkinge as ’n rede aangevoer gaan word oor waarom die saak nie kan voortgaan nie.” Daar is geen nuwe datum vir die tribunaal nie.

Meer oor:  Regter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.