Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hoë in atletiek se verhoor uitgestel

Die ondersoek na ’n beweerde verkragting waarvan ’n bekende in atletiekkringe in die Vrystaat, Steven Swarts (42), aangekla word, is nog nie afgehandel nie.

Swarts, stiefpa van die Olimpiese kampioen-atleet Wayde van Niekerk en adjunkpresident van Atletiek Vrystaat, se verhoor is gister in die landdroshof in Bloemfontein deur landdros Graehymme Williams tot 5 September uitgestel.

Steven Swarts. Foto: Facebook

Swarts, van Pellissier in Bloemfontein, word daarvan aangekla dat hy ’n 23-jarige vroueatleet wat hy afgerig het op 25 Junie vanjaar verkrag het deur haar met sy vingers te penetreer.

Hy ontken die bewerings teen hom in ’n verklaring wat hy in sy aansoek om borgtog afgelê het. Hy is vroeër op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Rapport het verlede maand berig die polisie sê die voorval het na bewering laatmiddag by die Eunice High School in Bloemfontein plaasgevind. Die betrokke atleet is nie 'n leerling van die skool nie.

Dit was glo toe Swarts die atleet gemasseer het. Die klaagster het ’n klag van verkragting by die polisie ingedien.

Swarts het aan Rapport gesê hy gee vir al sy atlete dieselfde diepweefselmassering. Hy sê die massering word ook in die lieste gedoen en “ek het van die begin af vir haar gesê dit gaan snaaks voel”.

Hy was geskok toe hy van die bewerings hoor.

“Dis vir my sleg. Ek oefen nie eens meer met my atlete nie. Ek rig al 20 jaar lank kinders verniet af. Ek het nog nooit iets onvanpas gedoen in al dié tyd nie.”

Meer oor:  Uitgestel  |  Verkragtingsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.