Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hoë in Christiana sê sy skorsing was onwettig

Die geskorste munisipale bestuurder van die Christiana-omgewing in Noordwes dreig nou met regstappe indien sy skorsing nie Dinsdag opgehef word nie.

Ndoda Mgengo is volgens sy skorsingsbrief verlede week geskors weens “ernstige aantygings van growwe wangedrag”. Dit sluit beweerde tenderbedrog in.

Sy regsfirma meen ook die aantygings in die skorsingsbrief is nie spesifiek genoeg om behoorlik daarop te kan reageer nie.

Gobakweng Moatshe, administrateur van die Lekwa-Teemane-munisipaliteit, wat Christiana en Bloemhof bedien, sê egter hy kan nie nou meer besonderhede oor die bewerings verskaf nie omdat dit nog ondersoek word. Mgengo kry sy volle salaris hangend die ondersoek en ’n moontlike tugverhoor.

Tiro Attorneys, die firma in Mmabatho wat Mgengo verteenwoordig, het Moatshe nou in ’n brief gewaarsku dat Mgengo se skorsing onregmatig is omdat die administrateur glo nie die wetlike mag het om dit te doen nie.

Die firma dreig nou namens Mgengo dat hulle arbeidshof toe sal gaan om sy skorsing te beveg indien Moatshe dit nie teen Dinsdag ophef nie. Mgengo ontken ook die bewerings van wangedrag en tenderbedrog wat in sy skorsingsbrief teen hom gemaak word.

Sy regsfirma meen ook die aantygings in die skorsingsbrief is nie spesifiek genoeg om behoorlik daarop te kan reageer nie.

Moatshe het Maandag gesê hy hét die regte skorsing-prosedure gevolg.

Mgengo het verlede week in reaksie op sy skorsing gesê dít wat wel in sy skorsingsbrief staan, is “gemors”. “Ek weet nie waarvan die administrateur praat nie, dis nie vir my duidelik aan presies watter wangedrag ek my glo skuldig gemaak het nie.”

Munisipale werkers in die Lekwa-Teemane-gebied het sedert kort voor Kersfees gestaak uit protes dat hul pensioen-, belasting- en mediesefonds-bydraes glo nie aan die tersaaklike organisasies oorbetaal is nie, het Lieschen van Biljon, DA-raadslid in die gebied, gesê. Werkers het sedert Mgengo se skorsing teruggekeer werk toe.

Hy word verbied om tydens sy skorsing by die munisipale kantore te wees omdat sy teenwoordigheid moontlik kan inmeng met die ondersoek en getuies geïntimideer kan word, lui sy skorsingsbrief.

Hy mag ook nie sonder Moatshe se toestemming kontak met werknemers by die munisipaliteit maak nie. Mgengo word voorts in die skorsingsbrief verbied om enige werknemer, getuies van buite of kontrakteurs en konsultante wat vir die munisipaliteit werk, te intimideer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.