Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hoë van Limpopo-tronk skuldig aan korrupsie van R18 m.

’n Voormalige adjunkdirekteur van ’n maksimumgevangenis buite Louis Trichardt in Limpopo is Woensdag aan korrupsie van R18 miljoen skuldig bevind.

Clement Raphalalani (57) het op nege aanklagte van korrupsie in die landdroshof in Louis Trichardt tereggestaan nadat hy in 2018 deur die Valke in Limpopo in hegtenis geneem is.

Hy het in 2017, toe hy verantwoordelik was vir die verkryging van goedere en dienste by die Kutama Sinthumule-maksimumgevangenis, ’n tender van R1 071 831 onregmatig aan Vhalenda Zwashu Trading Enterprise toegeken.

Dié maatskappy behoort aan sy vriendin, Delicia Sadike.

Raphalalani het R132 500 van die tender in ’n persoonlike bankrekening van Sadike inbetaal.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, het Raphalalani in 2017 nog ’n onregmatige tender van R2,7 miljoen aan die Penson Manufacturing Company toegeken.

Dit behoort aan Editha Pengson (57), wat in die mensebestuurafdeling van die South African Custodian Management-maatskappy gewerk het. Die private maatskappy het in samewerking met die departement van korrektiewe dienste die gevangenis bestuur.

Volgens Maluleke het dié tender te doen gehad met matrasse wat aan die tronk verskaf is.

Raphalalani het verder saam met Thabo Makamone (53), wat ook ’n adjunkdirekteur by die tronk was, ’n tender van R3 588 707 onregmatig aan Durafoam Distributors CC toegeken. Hulle het elk glo R569 500 in ruil hiervoor gekry.

Makamone, Sadike en Pengson is ook in hegtenis geneem en word apart verhoor.

Raphalalani is Woensdag gewaarsku om weer op 15 Junie in die landdroshof in Louis Trichardt te verskyn, wanneer die voorvonnisverrigtinge sal begin.

Hy is September verlede jaar op onverwante bedrogklagte skuldig bevind en sou later dieselfde maand gevonnis word. Navrae hieroor is aan die Valke gerig, maar dis nog nie beantwoord nie.

• Die Kutama Sinthumule-gevangenis is in 2001 geopen en huisves 3 024 van die land se gevaarlikste geweldsmisdadigers.

Meer oor:  Louis Trichardt  |  Korrupsie  |  Valke  |  Skuldig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.