Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof beslis Gigaba se vrou onregmatig gearresteer

Regter Cassim Sardiwalla het beslis die besluit om ’n lasbrief uit te reik vir die inhegtenisname van Nomachule Mngoma was onregmatig.

Die uitspraak in Mngoma, vrou van oudminister Malusi Gigaba, se dringende aansoek wat sy by die hof gebring het om haar inhegtenisname by haar huis in Pretoria onregmatig te verklaar, is Donderdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria gelewer.

Sardiwalla het in sy uitspraak gesê die besluit om vir ’n lasbrief aansoek te doen, asook die beslaglegging van Mngoma se kommunikasietoestelle, was ook onregmatig.

Mngoma het nie die uitspraak bygewoon nie.

Sarel van der Walt het voorheen berig die Valke is met ’n vorige verskyning in die hof daarvan beskuldig dat hulle buite perke opgetree het toe hulle Mngoma op 31 Julie in hegtenis geneem het.

Mngoma het voorheen aangevoer haar inhegtenisname is deel van ’n komplot om haar te intimideer en uiteindelik onwettige toegang te kry tot haar elektroniese toestelle om spesifieke inligting uit te wis.

Mngoma staan tereg op aanklagte van saakbeskadiging en crimen injuria. Sy is tans op borgtog van R5 000 uit nadat sy ’n nag in die polisieselle deurgebring het.

*Berig aangepas sedert dit die eerste keer gepubliseer is.

Nomachule (Norma) Mngoma, vrou van Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, met ’n vorige hofverskyning. Foto: Isabel Venter

Meer oor:  Pretoria  |  Valke  |  Crimen Injuria  |  Hof  |  Moordkomplot  |  Saakbeskadiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.