Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof beslis oor AfriForum se Roets en ou vlag

Uitspraak word Dinsdag verwag in ’n strafsaak waar ’n AfriForum-bestuurslid die ou Suid-Afrikaanse landsvlag getwiet het.

Ernst Roets, adjunkhoof van dié burgerregteorganisasie, is van minagting van die hof aangekla nadat hy ’n afbeelding van die ou landsvlag getwiet het met die byskrif: “Did I just commit hate speech?

Hy het vroeër vandeesmaand weens dié twiet in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn.

Die twiet het gevolg op die gelykheidshof se uitspraak dat die “onnodige en nodelose vertoning” van die ou landsvlag haatspraak is – dat dié vlag sinoniem met apartheid is.

Ernst Roets vroeër in die hof in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Volgens die gelykheidshof mag die ou vlag nou net binne akademiese, geskiedkundige, artistieke of joernalistieke kontekste vertoon word. Dit word ook net in private kontekste toegelaat waar dit nie mense kan aanstoot gee nie.

Die Nelson Mandela-stigting (NMS) het die aansoek teen AfriForum gebring.

Ná Roets se twiet het die NMS ’n strafregtelike klag van minagting van die hof teen Roets in sy persoonlike hoedanigheid ingedien. Die NMS voer onder meer aan Roets val die landswette aan.

“Roets se gedrag is ’n aanval op die wette van die land en die regstelsel,” het Tembeka Ngcukaitobi, namens die stigting, voor regter Colin Lamont betoog.

Die stigting wil hê Roets moet weens die beweerde misdryf tot 30 dae agter tralies deurbring.

Roets voer op sy beurt aan dat daar geen staande hofbevel was wat hom verbied het om die landsvlag op sosiale media te plaas nie. Sou iemand voel dat hy teen die gelykheidshof se uitspraak handel, moet hulle dus volgens Roets ’n saak van haatspraak teen hom voer, nie ’n strafsaak van minagting van die hof nie.

Roets voer verder aan dat die twiet binne die raamwerk van die gelykheidshof se uitspraak val.

Roets, wat sy doktorsgraad in die regte doen, hou vol die vraag was akademies van aard en billike kommentaar op die gelykheidshofuitspraak.

Meer oor:  Afriforum  |  Ernst Roets  |  Ou Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.