Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof beveel polisie om plakkers te verwyder

Die hooggeregshof in Pretoria het die polisie beveel om die balju te help om teen plakkers op ’n boer se grond net buite Pretoria op te tree.

Die boer, dr. Motodi Maserumule, wou in die Soshanguve-polisiekantoor ’n saak van betreding teen die plakkers indien, maar die polisie het geweier om die saak te ondersoek.

Nadat die plakkers die grond Maandag beset en stukke daarvan verkoop het, het AfriForum Maserumule gehelp om ’n saak van betreding by die polisie aanhangig te maak.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die polisie het “geskitter in hul afwesigheid om dié boer se eiendomsreg te beskerm”.

Hy moedig grondeienaars aan om betredingsake by die polisie aanhangig te maak as plakkers hul eiendom beset.

“Die polisie moet teen betreders optree. Die Soshanguve-polisie se swak optrede die afgelope week kan net gestop word as gemeenskappe weet wat hul regte is. AfriForum kan hiermee help,” het Cameron gesê.

Meer oor:  Pretoria  |  Plakkers  |  Hofbevel  |  Boer  |  Grondbesetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.