Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor hoe renosters in reservaat gestroop is

Die eerste renosterkalf wat in die Sandveld-reservaat buite Hoopstad gebore is, Malanaka, was een van 14 renosters wat Jimmy Mashopane (35) na bewering geskiet het.

Mashopane is in Januarie 2019 net buite die reservaat in hegtenis geneem en word daarvan aangekla dat hy die renosters geskiet, hul horings gestroop en verkoop het.

Hy word ook van oortredings van die Vuurwapenwet aangekla.

Vlam Els, ’n senior natuurbewaarder, het Donderdag in die rondgaande hof in Virginia getuig dat dié koei, ook bekend as nommer 31, ’n besondere lang horing gehad het, vandaar haar naam Malanaka.

Malanaka is in die reservaat gebore kort nadat die eerste renosters in 1993 hier hervestig is.

Els het dieselfde tyd as jong natuurbewaarder daar begin werk.

“Dit was tragies toe ons haar dood kry,” het hy gesê.

Jy sien die renosters voor jou grootword.

Adv. Antoinette Ferreira, die aanklaer, het talle foto’s van die karkasse van renosters wat in 2018 in die reservaat afgemaai is, op ’n skerm aan die hof gewys.

Els het getuig dat die trap- en skopmerke op die grond by die renosters ’n aanduiding is dat hulle nog gelewe het en probeer opstaan het.

Ferreira het Els ook uitgevra oor die netjiese manier waarop die horings verwyder is.

“Wie ook al die snywerk gedoen het, weet wat hy doen, dit moes ’n baie skerp mes wees,” het hy getuig.

Die horings van die renosters wat in November en Desember 2018 gestroop is, is op ’n soortgelyke manier verwyder. Volgens ballistiese toetse is dieselfde jaggeweer ook gebruik.

Renosterstropers het sedert Junie 2018 onder renosters in die reservaat gemaai en ses renosters is net in Desember 2018 hier doodgeskiet.

Selfoon-inligting plaas Mashopane in dieselfde omgewing van die reservaat tydens die pleeg van die misdade.

“ ’n Mens is teleurgesteld in jouself wanneer dit gebeur en jy voel jy moes meer gedoen het,” het Els getuig.

“Jy sien die renosters voor jou grootword.”

Die reservaat het in ’n stadium sowat 40 renosters gehad.

Els het getuig renosters, wat een van die Groot Vyf is, is dit ook kwesbare diere.

“Ons doen baie moeite om stropery te bekamp en gebruik kameras, honde en hommeltuie.”

Die saak dien voor regter Philip Loubser en adv. Dawie Reyneke behartig Mashopane se verdediging.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Jimmy Mashopane  |  Hoopstad  |  Sandveld-Reservaat  |  Renosters  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.