Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor hoe verkragte vrou verswak, sterf

Haar suster was baie hartseer nadat sy verkrag is. Sy wou niemand sien nie en het net in haar kamer gebly, het Lynette Maree (24) Maandag in die hooggeregshof in Bloemfontin getuig.

Sy het voor regter Abe Mathebula getuig hoe haar suster, Alice (21), se toestand al hoe meer agteruitgegaan het nadat sy die middag van 9 Februarie verlede jaar in die prokureurskantoor in Theunissen waar sy gewerk het, verkrag is. Sy is 15 dae later dood.

Alice het baie verswak, gewig verloor en baie geslaap. Sy het probeer eet, maar kon nie die kos inhou nie.

Lynette Maree in die getuiebank van die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Sy het later toevalle gekry. Dan was haar hele lyf styf en sy het geruk. Van 20 Februarie af het haar toestand drasties versleg. Sy was baie swak.

Sy is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein opgeneem waar sy op 24 Februarie dood is.

Alice was ’n liefdevolle en aktiewe mens wat met almal bevriend was. Sy was ’n nasionale kampioen in hoogspring en het nasionale kleure in verspring, landloop en netbal verwerf, het Lynette getuig.

Ao. C.J. Coetzee van Welkom, wat die polisiefoto’s van die misdaadtoneel geneem het, het getuig Alice het in die voorportaal bly staan en vir hom gewys waar sy oorrompel is.

“Sy was emosioneel en het gehuil en gebewe. Sy wou nie in die kantoor ingaan nie. Sy het gesê dit het in die kantoor gebeur.”

Sy het omgedraai en uitgegaan en gesê sy sal nooit weer in die gebou ingaan nie.

Johannes Mokati, wat skuld op aanklagte van moord, roof en verkragting ontken, het erken dat hy met Alice seks gehad het.

Hy sê in sy pleitverduideliking dit was net een keer en was met haar toestemming.

Hy het ook erken hy was in besit van haar skoot- en tabletrekenaar. Hy het dit wettig gehou as sekuriteit vir geld wat sy hom geskuld het, lui sy pleitverduideliking.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Johannes Mokati  |  Lynette Maree  |  Alice Maree  |  Bloemfontein  |  Theunissen  |  Verkragting  |  Getuienis  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.