Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor hofsaak knou juffrou wat seun (12) aanrand
Dr. Llewelyn Curlewis gesels buite die hof met sy kliënt, Annelise Boot, wat aan aanranding skuldig bevind is. Foto: Hanti Otto

Sy was haar lewe lank ’n onderwyseres. Dit is haar passie, en die beroep wat sy lief het.

Die onsekerheid van ’n voortslepende hofsaak, die invloed daarvan op haar loopbaan en die gepaardgaande vrees en vernedering het Annelise Boot (54) erg “verwronge” laat voel.

Die gevolg is dat ’n kliniese sielkundige angstigheid en depressie by haar gediagnoseer en na ’n psigiater verwys is.

So lui die spesialis-verslae wat Boot se regsverteenwoordiger, dr. Llewelyn Curlewis, Maandag in die landdroshof in Pretoria ter versagting van haar vonnis op ’n aanklag van aanranding aangebied het.

Boot, ’n onderwyseres aan die Springvale Primary School in Centurion, is oorspronklik aangekla van aanranding met die opset om ’n 12-jarige gr. 6-leerling ernstig te beseer.

Luidens die klagstaat het sy die seun op 21 Februarie 2020 gewurg en geskop. Toe hy val, het sy “hom met haar knie op die bors gedruk terwyl sy arms na bo getrek is” nadat hy glo ’n ander leerling se bottel gegeurde water gesteel het.

Die kind het onder meer in sy getuienis in camera aangevoer Boot het hom aan sy nek opgetel en teen die muur gewurg.

Die onderwyseres het skuld ontken en is verlede maand op ’n mindere aanklag van gewone aanranding skuldig bevind.

Die onderwyseres het skuld ontken en is verlede maand op ’n mindere aanklag van gewone aanranding skuldig bevind.

Sy het aangevoer dat sy uit selfverdediging opgetree het toe die seun, wat glo reeds in gr. 1 met gedragsprobleme geïdentifiseer is, haar wou slaan of stamp, en weens “uitermatige uitlokking”.

Luidens haar pleitverduideliking het ’n ander onderwyseres haar daardie dag geroep toe ’n kind beweer het die betrokke leerling het sy water gesteel.

Die leerlinge het glo telkemale, sodra hy uitgevang is dat hy jok, sy weergawe verander oor waar hy die water sou gekry het.

“Hy het baie kwaad geword en van aggressie begin huil. Ek het hom herinner aan ons gesprek die vorige dag dat hy altyd trane gebruik om verantwoordelikheid te vermy,” het Boot aangevoer.

Sy voer aan sy het hom ingevolge ’n intervensie-strategie waarop die skool vroeër besluit het, gevra om op te hou huil.

Die kind het toe op haar begin skree en gesê hy wil sy ma bel.

“Hy het nader aan my beweeg en op ’n baie aggressiewe wyse gesê hy jok nie.

“Toe lig hy sy linkerhand om my te slaan of te stamp. Ek het sy elmboë uit selfverdediging vasgegryp in ’n poging om die aanval af te weer.”

Volgens Boot het die seun ’n woede-aanval gekry en geskree.

Sy het hom bly vashou omdat hy ’n geskiedenis van selfbesering en dreigemente van selfdood het, het sy aangevoer.

Luidens die onderwyseres se pleitverduideliking het die seun haar geskop, op die vloer neergeval en sy kop teen die vloer begin stamp.

“Ek was in twee geskeur: Los ek hom terwyl daar die risiko is dat hy homself kan beseer, of druk ek hom vas vir sy eie veiligheid?”

Toe lig hy sy linkerhand om my te slaan of te stamp. Ek het sy elmboë uit selfverdediging vasgegryp in ’n poging om die aanval af te weer.

Die kind het later gekalmeer.

Boot het al die nodige partye ná die voorval van die voorval ingelig.

Curlewis het in sy betoog voor uitspraak gesê dit sou fisiek onmoontlik vir Boot gewees het om die kind aan sy nek teen die muur op te tel, gegewe die verskil tussen hulle in liggaamsbou.

Voorts het die mediese verslag geen beserings, nie eens kneusplekke, aan die seun aangedui nie, het hy gesê.

Hy het verwys na die verdediging se getuies, sowel as dokumentasie, waarvolgens die seun bekend is vir sy uitlokkende gedrag teenoor onderwysers en medeleerlinge.

“Sy algemene benadering is om te jok as hy gekonfronteer word en ander leerlinge te blameer.”

Curlewis het bygevoeg luidens die seun se dissiplinêre rekords gebruik hy “manipulerende” gedrag deur te begin huil as hy uitgevang word, en dan gaan hy oor tot openlike uitdagendheid en aggressie.

“Hy is nie ’n slegte mens nie, maar ongelukkig is hy ’n persoon wat slegte dinge doen,” het Curlewis aangevoer.

Sy algemene benadering is om te jok as hy gekonfronteer word en ander leerlinge te blameer.

Landdros Helen Lugaju het in haar uitspraak bevind dat die seun ’n geloofwaardige getuie was.

Sy het gesê as Boot net weggestap het toe die kind sy hand vir haar gelig het, sou die hele voorval nooit plaasgevind het nie.

Die saak is uitgestel vir vonnisoplegging.

Meer oor:  Verwurg  |  Hofsaak  |  Aanranding  |  Onderwyser  |  Kind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.