Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor oor vuurwapens onder bed ná moorde

Twee vuurwapens en ammunisie is glo enkele dae ná die moord op Sakkie (67) en Ina van der Berg (62) op hul plaas, Blouboswes in die Boshof-distrik, gevind onder ’n bed van een van die mans wat weens hul moord teregstaan.

Die Van der Berg-egpaar is op 12 Julie 2019 in hul plaashuis oorval, beroof en vermoor. Hul bakkie is later verlate langs die Caledonrivier gevind en vingerafdrukke is gekry. Johannes Sekgoro, Leepile Daniel Sidasi, Daniel Tsekiso Seloane en Thami Terence Kat is kort daarna in hegtenis geneem.

Ina en Sakkie van der Berg is in 2019 vermoor. Foto: Verskaf

Ao. Mothono Motsheneng, verbonde aan die eenheid vir georganiseerde misdaad in Bloemfontein, het Maandagmiddag in die hooggeregshof in Bloemfontein voor regter Celéste Reinders getuig dat hy en ander lede van die eenheid op 17 Julie 2019 ná Seloane se huis in die Boshof is nadat hulle ’n leidraad ontvang het oor vuurwapens wat aan die vermoorde egpaar behoort het.

Met hul aankoms omstreeks 21:00 by Seloane se huis het hy die deur oopgemaak.

Motsheneng het getuig dat hy in Sesotho die rede vir hul besoek aan Seloane verduidelik het. Hy het toestemming van Seloane gekry om sy huis te deursoek.

“Terwyl ons die huis deursoek het, het ek die bed opgelig, maar niks gevind nie. Ek het gesien dat die grond versteur is. Ek het ’n graaf in die huis gevat en begin grawe.”

Motsheneng het getuig dat hy nie lank gegrawe het nie voordat hy op ’n swart sak afgekom het.

Hy het die sak uitgehaal, terwyl Seloane langs hom gestaan het.

“Toe ek die sak oopmaak, was daar onder meer twee vuurwapens en ammunisie binne-in die sak.”

Motsheneng het verder getuig dat hy daarna die sak aan een van sy kollegas oorhandig het.

Toe ek die sak oopmaak, was daar onder meer twee vuurwapens en ammunisie binne-in die sak.

Adv. Mohau Motake, wat in opdrag van Regshulp SA vir Seloane, Sidasi en Sekgoro optree, wou weet hoekom hy nie ’n fotograaf ontbied het na die huis waar die wapens gevind is nie of hoekom hulle nie op die toneel die vuurwapens geverifieer of ondersoek het nie.

Motsheneng het geantwoord hulle het wel ’n fotograaf ontbied, maar dat die fotograaf hulle in Bloemfontein sou ontmoet. Hulle wou ook nie die wapens ondersoek en met getuienis peuter nie.

Motake het onder kruisondervraging gesê dat Seloane in die hof gaan getuig dat geen vuurwapen op die gegewe dag gevind is nie en dat hy geen vuurwapens in sy huis gehad het nie.

“Hy het van die vuurwapens uitgevind toe hy reeds in aanhouding was.”

Oor getuienis van kapt. Robert van Huyssteen, ook ’n lid van die eenheid vir georganiseerde misdaad in Bloemfontein, oor ’n waarskuwingsverklaring waarin Sidasi beken dat hy en Sekgoro op 12 en 13 Julie 2019 op die Van der Berg-egpaar se plaas was, het Motake gesê dat Sidasi gaan getuig dat hy nie só ’n verklaring afgelê het nie.

Adv. Allen Simpson, kla aan. Venecia Abrahams van Regshulp SA tree vir Kat op.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Sakkie Van Der Berg  |  Boshof  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.