Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor straks opname van afrigter se gesprek
06 September 2018

’n Opname van ’n gesprek gaan waarskynlik gebruik word in die verhoor van ’n bekende in Vrystaatse atletiekkringe wat daarvan aangekla is dat hy een van sy vroueatlete verkrag het.

’n Opname van ’n selfoongesprek tussen die man (42) en die pa van sy beweerde slagoffer, moet nog bekom word, het Cecilia Matong Woensdag namens die staat in die Bloemfonteinse landdroshof gesê.

Die ondersoekbeampte gaan by ’n selfoonmaatskappy aansoek doen om dié opname te bekom.

Landdros Graehymme Williams het die verhoor tot volgende maand vir die verkryging van dié opname uitgestel.

Hy het gesê dit is ’n finale uitsteldatum vir die staat om sy ondersoek te voltooi. Dan moet ’n verhoordatum vasgestel word.

Die man word daarvan aangekla dat hy ’n 23-jarige vroueatleet, wat hy afgerig het, op 25 Junie vanjaar verkrag het deur haar met sy vingers te penetreer.

Hy ontken die aantygings in ’n verklaring wat hy in sy aansoek om borgtog afgelê het. Hy is vroeër op borgtog van R1 000 vrygelaat. Ingevolge wetgewing mag die naam van die beweerde oortreder nie bekend gemaak word voordat hy in die hof gepleit het nie.

Luidens vroeëre berigte het die voorval na bewering laatmiddag by ’n hoërskool in Bloemfontein gebeur toe die man en die atleet alleen daar was en hy die atleet gemasseer het.

Die klaagster het ’n klag van verkragting by die polisie ingedien.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Verkragting  |  Opname  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.