Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor van gru-moord op egpaar op plaas by Boshof

Sakkie van der Berg (67) is vermoedelik by die plaashek op sy plaas Blouboswes in die Boshof-distrik oorval, sy mond en nek is met ’n deel van sy onderklere toegebind en hy is toe na die plaashuis geneem waar sy halfnaakte lyk in die deur van die hoofslaapkamer gelaat is.

By die plaashek, waar ’n deel van ’n kunsgebit, bloed, ’n stuk van ’n handskoen en voetspore deur die polisie gevind is, is ook ’n ander deel van die onderklere gevind waarmee Van den Berg vasgebind is, het konst. Cebe Mitani, ’n vingerafdrukdeskundige van die polisie se plaaslike misdaadinligtingsentrum (PKRS) in Bloemfontein, Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig.

Ina (62), sy vrou, se lyk is kaalvoet en vasgebind langs ’n vrieskas in die kombuis aangetref. Nie ver van haar nie is ’n mes op die stoof gekry.

Haar man se lyk is met sy broek tot op sy voete afgetrek in die deur van die hoofslaapkamer gevind. Hy het ’n wond in sy sy gehad en daarnaas is ’n koeëlpunt gevind, het Mitani voor regter Celéste Reinders getuig oor die aanval op die Van der Berg-egpaar op 12 Julie 2019.

Johannes Sekgoro, Leepile Daniel Sidasi, Daniel Tsekiso Seloane en Thami Terence Kat Woensdag in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Kaydene Davids

Grafiese foto’s van die lyke is in die hof gewys. Hul albei se gesigte was bebloed en onherkenbaar.

Die beskuldigdes, Johannes Sekgoro (41), Leepile Daniel Sidasi (44), Daniel Tsekiso Seloane (26) en Thami Terence Kat (35), het stip na die foto’s gekyk.

Mitani het die foto’s en vingerafdrukke by die plaashuis, asook op die egpaar se dubbelkajuit Ford Ranger-bakkie geneem wat later verlate langs die Caledonrivier gevind is.

Hy het getuig dat hy verskeie vingerafdrukke geneem het en dat Sekgoro se regterhandpalm ooreenstem met dié van die afdruk wat op die stuurwiel van die egpaar se bakkie gevind is.

“Geen mens het dieselfde afdrukke nie. Die afdruk wat ek in die bakkie gevind het, stem ooreen met dié van die beskuldigde voor die hof”, het Mitani getuig terwyl hy Sekgoro in die hof uitgewys het.

Peter van der Merwe van Regshulp SA wat namens Sekgoro, Sidasi en Seloane optree, wou weet hoe seker Mitani kan wees dat die palmafdruk wat in die bakkie gevind is, wel aan Sekgoro behoort. Hy het aangevoer dat die persoon se van in die beëdigde verklaring wat Mitani as bewysstuk ingedien het, verskil van die beskuldigde se van, naamlik Sekgoro.

Hierop het Mitani geantwoord dat Sekgoro ook voorheen in hegtenis geneem is en dat hy onderskeidelik drie vanne en ses name gebruik het.

Adv. Allen Simpson kla aan.

Venecia Abrahams van Regshulp SA tree vir Kat op.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Sakkie Van Der Berg  |  Boshof  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.