Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor van leerling en onnie se ‘verhouding’

’n Getroude laerskoolonderwyser van Bloemfontein het ’n leerling (13) eers in sy klaskamer verkrag voordat hulle in ’n hotel seks met haar instemming gehad het.

So het die meisie se 14-jarige klasmaat in die streekhof in Bloemfontein in die verkragtingsverhoor van hul onderwyser, Romeo Bhoodoo (57), getuig.

Bhoodoo, ’n onderwyser aan ’n laerskool in Heidedal, ontken voor streeklanddros Puseletso Mphomane skuld op aanklagte van verkragting, statutêre verkragting en seksuele aanranding. Die staat beweer die dade is in Maart vanjaar gepleeg.

Romeo Bhoodoo (links) saam met sy regsverteenwoordiger, adv. Kenny Pretorius, met ’n vorige verskyning buite die streekhof in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

“Sy het gesê hy het haar gedwing. Sy wou nie met hom seks hê nie. Dit het in sy klaskamer gebeur,” het die meisie Vrydag getuig.

’n Ruk ná die voorval het haar klasmaat haar vertel dat hulle in skoolure seks in ’n hotel agter die Mimosa Mall-winkelsentrum in die stad gehad het.

Die meisie sê in die wiskundeklas het sy besef dat haar klasmaat nie daar is nie.

Huistoegaantyd het sy die meisie naby die parkeergebied op die skoolterrein raakgeloop.

“Sy het gesê sy en mnr. Bhoodoo kom nou van die hotel af. Sy het gesê hulle het seks gehad. Dit was met instemming.”

Die meisie sê een oggend was haar klasmaat in trane omdat leerlinge die skoolhoof van hul liefdesverhouding vertel het.

“Sy wou weet hoekom hulle dit gedoen het, omdat mnr. Bhoodoo nie wou hê mense moet van die verhouding weet nie.”

Die meisie sê haar klasmaat het haar in Februarie of Maart vanjaar vertel dat sy en Bhoodoo in ’n verhouding is.

In kruisondervraging deur adv. Kenny Pretorius, namens Bhoodoo, het die meisie getuig haar klasmaat het haar vertel nadat Bhoodoo aangekla is, het hy haar in Julie iewers opgelaai en aangerand.

Sy het nie gesê waar dit gebeur het nie, net dat hy haar na ’n beboste gebied geneem het, sê die meisie.

Pretorius: “Glo jy die stories wat sy jou van haar en mnr. Bhoodoo vertel het?”

Die meisie het geantwoord sy weet nie.

Adv. Tholoana Sekhonyana kla aan.

Die verhoor is tot volgende jaar uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.