Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hoor vandag oor genadedood
Adv. Robin Stransham-Ford is sowat twee uur voordat Fabricius die bevel op 4 Mei gelewer het, aan natuurlike oorsake dood. Foto: Argief

Die appèlsaak rakende die wettiging van vrywillige genadedood word vandag in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.

Die hof sal moet beslis of die Grondwet voorsiening maak vir die reg om met behulp van ’n derde party (in dié geval ’n dokter) te sterf.

Die ministers van justisie, korrektiewe dienste en gesondheid, asook die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) appelleer teen regter Hans Fabricius se uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar toe hy beslis het dat wyle adv. Robin Stransham-Ford (65), ’n kankerlyer, ’n dokter kon vra om sy lewe met ’n dodelike middel te beëindig.

Stransham-Ford het letterlik tot die dood toe vir dié beslissing baklei. Hy sowat twee uur voordat die hofbevel op 4 Mei uitgereik is, dood.

“Hierdie is ’n baie belangrike, tog kontroversiële saak aangesien dit ons land se eerste genadedoodsaak sedert die inwerkingtrede van ons Grondwet is,” sê Cause for Justice (CFJ) luidens ’n verklaring.

Hierdie is ’n baie belangrike, tog kontroversiële saak aangesien dit ons land se eerste genadedoodsaak sedert die inwerkingtrede van ons Grondwet is
Cause for Justice

CFJ is as vriend van die hof toegelaat.

“Die appèlhof gaan onder andere in hierdie saak moet besluit of die gemeenregtelike misdade van moord en strafbare manslag, in sover as wat dit voorsiening maak vir ’n totale verbod tot selfmoord met die hulp van ’n mediese dokter, inbreuk maak op wyle mnr. Stransham-Ford se grondwetlike reg tot menswaardigheid en vryheid tot liggaamlike en sielkundige integriteit.”

Die RGBSA voer aan dat die doel van mediese dokters is “om lewe te bewaar en dat daar ander alternatiewe beskikbaar is wat deur middel van moderne medisyne pyn en lyding in so ’n mate kan verlig dat dit nie nodig is om jou lewe te neem nie”.

Maar Stransham-Ford het gevoel dat die mens en dier dieselfde beskerming onder die grondwet moet geniet.

“Indien diere uitgesit mag word, moet dieselfde behandeling vir mense beskore wees,” sal sy regspan aanvoer.

Die RGSA het vandeesweek nuwe getuienis by die appèlhof ingedien wat beweer dat Stransham-Ford se pynvlakke matig was en dat sy familie die tyding van sy dood met amper drie uur uitgestel het om toe te sien dat die hof genoeg tyd het om sy bevel te gee.

CFJ steun baie op die buitelandse reg van Hongarye, waar genadedood as ongrondwetlik verklaar is.

“Daarom argumenteer ons dat die Suid-Afrikaanse grondwet in dié opsig eenders is en selfs meer waarde koppel aan die reg op lewe.”

Meer oor:  Robin Stransham-Ford  |  Bloemfontein  |  Appèlhof  |  Genadedood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.