Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof moet sê hoe Kaapstad vlugtelinge hanteer

Uitspraak word Dinsdag in die hooggeregshof gelewer oor of die Kaapstadse metroraad sy munisipale verordeninge mag opdwing aan vlugtelinge wat in die Metodistekerk in Kaapstad skuil.

Die vlugtelinge luister hier na JP Balous, een van hul leiers. Foto: Adrian de Kock

“Die besetting van die kerk en sy omgewing het gelei tot talle oortredings van die verordeninge,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid in die Kaapstadse metroraad, Vrydag in ’n verklaring.

“Daar was kriminele aktiwiteite en die besetting het ’n beduidende invloed op die omliggende ondernemings.

“Die metro het toe by die hooggeregshof aansoek gedoen om voorsiening te maak vir die toepassing van sy verordeninge ten einde die situasie te hanteer,” sê hy.

Die aansoek is uitgestel tot 28 Januarie.

Die vlugtelinge eis noodhuisvesting en wil uiteindelik na ’n land van hul keuse gaan. Hulle het die voorstel van herintegrasie verwerp, sê Smith.

Ons doen al die moontlike om ’n ingewikkelde regskwessie op te los. Ons skakel daagliks met verskillende belanghebbendes om ’n oplossing vir die saak te vind.

“Die Verenigde Nasies het herhaaldelik aan die vlugtelinge verduidelik dat hulle nie hervestig sal word nie.”

Smith sê voorts: “Kaapstad kan nie noodhuisvesting vir dié groep verskaf eerder as aan die duisende mense wat in werklike nood is nie.”

Hy sê die departement van binnelandse sake “is afwesig in ’n krisis wat net hy (die departement) sal kan oplos”.

“Die res van ons moet noodgedwonge die krisis met onvoldoende magte en opsies probeer hanteer.”

Die metro, die Verenigde Nasies, die Menseregtekommissie en ander rolspelers praat sedert die begin van die krisis oor maniere om die probleem op te los.

“Die metro verstaan ??en deel die toenemende kommer en frustrasie rondom die situasie waar vlugtelinge ’n kerk beset in die sentrale sakegebied van die stad,” lui die verklaring.

“Ons doen al die moontlike om ’n ingewikkelde regskwessie op te los. Ons skakel daagliks met verskillende belanghebbendes om ’n oplossing vir die saak te vind.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Hofuitspraak  |  Metodistekerk  |  Besetting  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.