Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof moet sê of slaggat ongeluk veroorsaak het

Die hooggeregshof in Pretoria gaan moet uitpluis of ’n slaggat die botsing tussen twee motors op ’n teerpad in Mpumalanga veroorsaak het.

’n Wit Toyota Corolla en ’n swart Cadillac het op 16 April 2012 op die pad tussen Lydenburg en Roossenekal gebots.

Die LUR vir openbare werke, paaie en vervoer in Mpumalanga ontken in hofstukke dat daar ’n slaggat was.

Andreas Coetzee (70), ’n pensioentrekker van Naupoort, Lydenburg, eis in dié geding R840 000 se skadevergoeding van die LUR se departement.

Coetzee het die Toyota bestuur.

Stanford Macevele (37) van Bronkhorstspruit, wat die Cadillac bestuur het, is nie ’n party in die saak nie.

Macevele het die dag ná die botsing op Facebook gesê hy is “oukei” ná die botsing reg van voor, hoewel dokters steeds moes bevestig of alles “medies oukei” is.

“God is groot en ek het sy ingryping gister gesien. Laat ons hom aanbid en prys,” het Macevele op dié sosiale netwerk gesê.

Coetzee sê in sy hofstukke dié openbare pad is onder die departement se beheer en sy verantwoordelikheid.

God is groot en ek het sy ingryping gister gesien. Laat ons hom aanbid en prys.
Stanford Macevele

Die departement het ’n regsplig teenoor die publiek om deur roetineinstandhouding toe te sien dat die pad veilig is.

Roetineinspeksies moet gedoen word om “gebiede van agteruitgang en potensiële gevaar te bepaal”.

Volgens Coetzee het hy ’n slaggat in die pad teëgekom, daarvoor uitgeswaai en teen Macevele se Cadillac gebots.

Coetzee meen die ongeluk is veroorsaak deur die departement se nalatigheid omdat die padoppervlak “toegelaat” is om ’n potensiële gevaar te word.

Die departement het ook nie die publiek gewaarsku oor die potensiële gevaar “wat deur die slaggate in die padoppervlak geskep is nie”, lui sy hofstukke.

In die ongeluk is Coetzee se regterfemurkop (deel van die heup) gebreek. Hy het drie ribfrakture opgedoen en sy linkerlong het platgeval.

Sy gesig het snywonde opgedoen en hy het tande verloor weens ’n harde hou teen die mond, blyk uit sy eisbesonderhede.

Die departement erken in die verweerskrif die botsing het gebeur, maar ontken enige ander bewerings oor die omstandighede daarvan.

Die departement sê Coetzee se “uitsluitlike nalatigheid” het die botsing veroorsaak. Coetzee het te vinnig gery, nie behoorlik uitgekyk nie en “waarskuwingstekens geïgnoreer wat deur die verweerder (die departement) op die pad gesit is”.

Die departement meen Coetzee kon die ongeluk vermy het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.