Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof? Ons bly net hier, maan BLF

Selfs al beveel die hof hulle om die luukse Sodwana Bay Lodge te verlaat, sal Black First Land First (BLF) nie daaraan gehoor gee nie, sê Andile Mngxitama, BLF-leier.

“Enige regter wat bevind dat ’n gemeenskap van die grond verwyder moet word wat hulle ontneem is, is besig om konflik aan te hits.

Andile Mngxitama, BLF-leier.

“Ons sal nie so ’n hofbevel eerbiedig nie,” het Mngxitama Vrydag gesê oor die stryd in die hooggeregshof in Durban om die BLF en lede van die Mbila-stam te dwing om die perseel te verlaat.

Regter Johan Ploos van Amstel het verlede Dinsdag ’n tussentydse hofbevel teen die BLF toegestaan nadat Richard Scott se onderneming oorgeneem is.

Die saak is weer op 26 Mei voor die hof om te oorweeg of die tussentydse bevel ’n finale bevel gemaak moet word.

Ploos van Amstel het die BLF en sy lede belet om by die bedrywighede van die hotel, kroeg en restaurant in te meng “of enige ander party toe te laat om in te meng by die bedrywighede” van die aandeelhouers.

Verder het die hof beveel dat ’n resolusie ongeldig is ingevolge waarvan eienaarskap van die lodge glo aan die Mbila-stam oorgedra is.

Die vergadering waarop dié resolusie glo aanvaar is, is in Januarie deur Maqhawe Zondo, regsverteenwoordiger van die Mbila-stam, gehou.

Hy voer aan dat hy volmag van die stam gehad het toe daar ’n meerderheidsbesluit geneem is dat Scott se aandele eintlik aan die stam behoort en die Mbila is die regmatige eienaars van die hotel, kroeg en restaurant.

Hulle is daarom glo daarop geregtig om die restaurant en hotel aan die BLF te “verhuur”.

Die lodge is in 1987 op die Mbila-stam se grond gebou.

Scott het die ondernemings in 2007 vir R6 miljoen gekoop en verbeterings van R2 miljoen aangebring.

Die luukse Sodwana Bay Lodge.Foto: Sodwana Bay Lodge
Die luukse Sodwana Bay Lodge.Foto: Sodwana Bay Lodge
Die luukse Sodwana Bay Lodge.Foto: Sodwana Bay Lodge

’n Aandeelhouer sê ondanks die tussentydse hofbevel word die ondernemings se voorraad deur BLF verkoop en al die geld word in die BLF of die Mbila-stam se rekenings inbetaal.

Volgens dié aandeelhouer is die lodge steeds vol vakansiebesoekers, wat vroeër bespreek het.

“Die BLF-lede meng in by personeel se werksaamhede en hulle tree arrogant teenoor werkers op. Hulle gee opdragte aan werkers en vakansiegangers moet toekyk as daar wrywing tussen hulle is.”

Hy sê die werkers kla ook die BLF-lede dra nie maskers nie.

Mngxitama het gesê dit is vanselfsprekend dat BLF se oorname van die lodge sake sal beïnvloed.

Ons wil seker maak die grond word terugbesorg.
 Andile Mngxitama

“Ons is nie daar om ’n onderneming te bedryf nie. Ons is revolusionêres wie se taak dit is om seker te maak dat die grond wat deur wit mense gevat is aan die stam terugbesorg word en om die onderdruktes se onderhandelingsmag te versterk.”

Mngxitama het egter ’n week gelede gesê die BLF is daar om ’n onderneming te bestuur en nie om sake te ontwrig nie.

Zondo het toe gesê die stam is in beheer van die restaurant en die hotel en nie die BLF nie.

Zondo het nie Rapport se oproepe beantwoord nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.