Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof sien opnames van gru-gebeure voor Marikana-slagting

Video-opnames van die SAUK is Donderdag in die hof gebruik om beeldmateriaal van die gebeure, waartydens twee polisiebeamptes en drie mynwerkers hul lewe in Marikana verloor het, te wys.

Die video is vertoon ná beeldmateriaal wat op 13 Augustus 2012 deur die afgetrede polisie-videograaf, ao. Rapheso Masinya, geneem is voor die slagting in Marikana.

In die beeldmateriaal word Masinya, geklee in gewone klere met ’n kamera, by die K3-skag by die Lonmin-myn in Marikana gesien.

Dit het Masinya ’n paar sekondes geneem om te erken dat die persoon in die video hy is.

Hy het Donderdag aan die hooggeregshof in Noordwes in Mahikeng gesê die persoon wat deur die SAUK verfilm is, hy is omdat hy soortgelyke klere daardie dag gedra het.

Hy het ook aan die hof erken dat die SAUK-opnames duideliker beeldmateriaal as sy eie, bevat.

In die beeldmateriaal word gesien hoe ’n videograaf die lyk van ao. Hendrik Monene afneem en later, die beseerde ao. Solomon Baloyi wat deur ’n polisiehelikopter na die hospitaal geneem is.

Masinya het aan die hof bevestig dat hy ’n opname gemaak het van Monene se lyk waar hy langs sy polisie-pet vol bloed gelê het.

In Masinya se video is Monene se bebloede pet op sy linkerarm en nie op sy kop nie, soos vroeër vertoon is nie.

In ’n derde videogreep lê ’n R5-magasyn bo-op Monene se pet.

Op ’n vraag oor die polisiehelikopter en geweerskote daardie dag het Masinya gesê dat hy nie enigiets daarvan kan onthou nie.

Die geluid van ’n helikopter en geweerskote is egter duidelik hoorbaar in die video wat hy opgeneem het.

“Ek kan nie onthou dat ek die helikopter hoor vlieg het nie. Ek hoor nou die skote en die helikopter, maar ek het nie getel hoeveel skote afgevuur is nie,” het hy gesê.

Masinya ontken dat hy die polisiebeamptes Nkosana Mguye, Collin Mogale, Joseph Sekgwetla en Khazamola Makhubela op die toneel gesien het.

Mguye, Mogale, Sekgwetla en Makhubela het saam met kol. Salmon Vermaak en die voormalige adjunk-polisiekommissaris in Noordwes, William Mpembe, skuld ontken op aanklagte van moord en poging tot moord.

Intussen staan ??Mpembe en Vermaak elk tereg op ’n aanklag van regsverydeling en nog een oor die aflê van valse inligting onder eed voor die Farlam-kommissie van ondersoek na die Marikana-slagting tussen 2013 en 2014.

Die verhoor word Maandag voortgesit.

Bron: News24: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/marikana-trial-footage-used-to-show-events-leading-to-horrific-massacre-20201015

Meer oor:  Marikana-Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.