Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof skrap saak van ANC-lede wat oor VS-lys frons

’n Dringende hofaansoek van drie Vrystaatse ANC-lede wat die uitkoms van die party se lysproses in die provinsie betwis het, is Woensdag met koste van die hofrol van die hooggeregshof in Johannesburg geskrap.

Dakota Legoete Foto: Jabulani Langa

Die dringende aansoek is deur Dan Kgothule, destydse LUR vir sport, kuns en kultuur in die Vrystaat, Abiel Mokotso en Gideon Ndwambi gebring omdat nie een van hul name op die lys is nie.

Volgens Krish Naidoo, die ANC se regsverteenwoordiger, beweer Kgothule, Mokotso en Ndwambi dat verskeie takke in die Vrystaat hulle benoem het en omdat hul name nie op die lyste verskyn nie, glo hulle dat daar met die lyste gepeuter is.

Dakota Legoete, nasionale ANC-woordvoerder, sê met die uitspraak is hulle van alle blaam gesuiwer.

Hy sê hulle het vertroue in die integriteit en geloofwaardigheid van hul lysprosesse en interne demokratiese prosesse.

Legoete sê hulle hoop dat die uitspraak ’n sterk boodskap vir al hul lede sal uitstuur. “Ons doen ’n beroep op al die lede om hulle daarvan te weerhou om die party hof toe te sleep en eers alle interne prosesse te gebruik.”

Meer oor:  Anc  |  Krish Naidoo  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.