Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof verbied betogers om Vrystaatse padwerk te ontwrig

Lede van die Winburg Business Forum is deur ’n dringende hofbevel verbied om die herbou van die teerpad tussen Winburg en Marquard verder te ontwrig.

Luidens dié voorlopige bevel van regter Joseph Mhlambi Donderdag in die Vrystaatse hooggeregshof mag hulle ook nie enige eiendom van Tau Pele Construction beskadig, of padwerkers en veiligheidswagte dreig, aanrand of intimideer nie.

Dié ontevrede inwoners van Winburg word ook verbied om enigsins die bouterrein te betree.

Die bevel volg op gebeure vandeesweek waarin talle betogers die ontwrigting van padbouwerk veroorsaak het omdat meer inwoners van Marquard as Winburg glo as werkers vir die herbou van die teerpad aangestel is.

M.M. Ntleru en Ngonja Moltina van die forum word ook verbied om lede aan te moedig om aan die betogings deel te neem.

Engela Buys, gesondheid- en veiligheidsbeampte van Tau Pele Construction, het Donderdag getuig betogers het Woensdag by die stop-en-ry-beheerpunt tussen die twee dorpe bymekaargekom en padwerk ontwrig.

Hulle het klippe in hul hande gehad en werkers met geweld gedreig. Ure later het hulle drankbottels by hulle gehad. Die werkers vrees vir hul veiligheid, het Buys gesê.

Sy sê Donderdagoggend het betogers die pad versper en die verbypad vir verkeer gesluit.

“Hulle het gedreig om werkers en motoriste met klippe te bestook. Ons het die werkers vir hul eie veiligheid huis toe gestuur.”

Die pad word teen sowat R200 miljoen opgeknap, en as die herstelwerk sloer, gaan die maatskappy swaar beboet word, het Buys gesê.

Die keerdatum vir die bevel is in Desember.

Adv. Stefan Grobler SC het in opdrag van Sonél Pienaar van Peyper-prokureurs vir Tau Pele Construction opgetree.

Meer oor:  Vrystaat  |  Marquard  |  Winburg  |  Padwerke  |  Hof  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.