Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof verwerp sertifikaat met ‘mediese toestand’

Die mediese sertifikaat van ’n beskuldigde is in die landdroshof in Port Elizabeth verwerp omdat dit sy siektetoestand net as “mediese toestand” aangedui het.

Micayla Victor is in Januarie 2019 dood in ’n ongeluk op pad werk toe. Foto: Argief

Dié sertifikaat is namens Yibanathi Ndike (28), ’n taxibestuurder wat van strafbare manslag aangekla word, by die hof ingedien as verskoning vir sy afwesigheid Donderdagoggend.

Dit is nie aanvaar nie en ’n lasbrief vir Ndike se inhegtenisneming is uitgereik.

Hy staan tereg op aanklag van strafbare manslag in verband met die dood van Micayla Victor (19) en Celine de Ridder (21).

Die twee jong vroue was op 28 Januarie 2019 na hul werk in die stad onderweg toe hulle op die hoek van Kempston- en Neil Boss-weg in Sydenham in ’n ongeluk was.

Ndike het na bewering oor ’n rooi verkeerslig gery en met sy Toyota Quantum teen die vroue se Ford Escort gebots.

Victor en De Ridder is op die toneel dood, terwyl ’n derde insittende ernstig beseer is.

Lees ook: Taxibestuurder vrygelaat ná botsing waarin 2 dood is

Met die aanvang van die verhoor in Desember sou Ndike glo skuld beken het op die aanklagte teen hom. Hy het egter ter elfder ure daarteen besluit en sy prokureur die trekpas gegee.

Celine de Ridder was een van die twee vroue in die Ford Escort wat dood is toe ’n minibustaxi teen hul voertuig gebots het. Foto: Argief

John Coetzee is as sy nuwe regsverteenwoordiger aangestel. Volgens Coetzee is ’n nuwe mediese sertifikaat Vrydagoggend by die landdroshof ingedien voor die lasbrief vir sy kliënt se inhegtenisneming uitgevoer is.

“Die hof het nie die vorige brief aanvaar nie, want hulle het gesê ‘mediese toestand’ bestaan nie as rede nie en daarom moes ons ’n nuwe brief indien,” het Coetzee gesê.

Die lasbrief word nou oorgehou tot Dinsdag wanneer die saak weer voorkom.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.