Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof weier Jiba se aansoek

Adv. Nomgcobo Jiba se hersieningsaansoek om weer aangestel te word in die pos van adjunk-direkteur van nasionale vervolging is in die hooggeregshof in Kaapstad met koste van die hand gewys.

Jiba het in haar aansoek gevra die hof moet pres. Cyril Ramaphosa en die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, gebied om haar weer in die hoë pos in die NVG aan te stel “met al die gepaardgaande werknemersvoordele verbonde aan dié pos”.

Sy het ook die hof versoek om die president en die NVG te verbied om die senior pos waaruit Ramaphosa haar vroeër vanjaar afgedank het, te vul.

Ramaphosa het Jiba en die senior aanklaer Lawrence Mrwebi in April vanjaar afgedank nadat die Mokgoro-kommissie bevind het sy en Mrwebi is nie geskikte kandidate vir die senior poste in die NVG nie en dat Jiba onbevoeg is om so ’n senior pos te beklee.

Die parlementêre proses om te bepaal of Ramaphosa reg was om die twee af te dank, is opgeskort totdat Vrydag se hersieningsaansoek in die hof aangehoor is. Ramaphosa moes sy besluit ingevolge wetgewing na die parlement verwys vir goedkeuring.

Meer oor:  Nomgcobo Jiba  |  Hooggeregshof  |  Wes-Kaap  |  Aansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.