Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof verwys 'verkragter' met flentertong vir psigiatriese waarneming

Die man met ’n gesplete tong nadat ’n dokter hom in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gebyt het, gaan vir psigiatriese waarneming opgeneem word.

Die 30-jarige man van Bronville by Welkom het Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein op ’n aanklag van poging tot verkragting verskyn. Sy naam mag weens die seksuele aard van die klag teen hom, eers bekend gemaak word wanneer hy gepleit het.

Die man wat nou met ’n sleeptong praat, se verskyning in die hof spruit uit gebeure op 4 Junie toe hy na bewering ’n dokter in ’n roepkamer in die hospitaal probeer verkrag het.

Johan de Vries, vir die staat, het voor landdros Vuyelwa Mahamba gesê familie van die verdagte sê hy is geestelik ongesteld en word daarvoor behandel.

De Vries sê die staat wil ook ’n verslag oor die man se behandeling bekom.

Die man se regsverteenwoordiger het egter gesê in die kort onderhoude wat sy tot dusver met hom gevoer het, het hy geen teken van ’n sielkundige afwyking getoon nie. Hy kry wel epileptiese aanvalle.

Die hoofingang na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Foto: Argief

Mahamba het sy verhoor tot later die maand uitgestel en hom vir waarneming na die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein verwys.

Soos in sy hofverskyning ’n week gelede, het die man weer in Afrikaans gevra dat die tolk die uitsteldatum vir hom moet neerskryf want hy is bang hy vergeet.

Sy spraak het intussen baie verbeter, maar hy praat steeds effens mompelend met ’n sleeptong.

* Die 24-jarige interndokter was die aand glo besig om te rus toe iemand die aand aanhoudend aan die deur van die roepkamer klop.

Toe sy dit naderhand oopmaak en sien dit is ’n vreemdeling, het sy die deur glo probeer toedruk.

Na verneem word, is sy teen die vloer gegooi en ’n man het probeer om haar klere uit te trek.

In die stoeiery het hy haar glo probeer soen. Toe byt sy ’n stuk van sy tong af.

Die man het daarna weggehardloop en ’n stuk van sy tong en sy broek het net daar op die vloer agtergebly.

Hy het later by die Nasionale Hospitaal in die stad om hulp met sy bloeiende tong gaan aanklop.

Hy is daar in hegtenis geneem.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Pelonomi-Hospitaal  |  Verkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.