Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hofuitspraak oor vuurwapens skep 'onsekerheid'

Hoewel die appèlhof se uitspraak as ten gunste van vuurwapeneienaars beskou word, meen die meeste kenners dat dit nie veel invloed op die chaos sal hê wat tans rondom vuurwapenlisensies heers nie.

Die appèlhof het in April ten gunste van Fidelity Guards bevind dat vuurwapeneienaars weer om nuwe lisensies aansoek mag doen nadat hul lisensies verval het.

Dr. Pieter Groenewald, wat in 2018 ’n privaatlidwetsontwerp oor vuurwapens by die Parlement ingedien het, het gesê sy wetsontwerp is afgekeur maar daar is toe gesê dat die regering wysigings aan die Vuurwapenwet wil maak.

Die appèlhof het in April beslis dat vuurwapeneienaars om nuwe lisensies aansoek mag doen wanneer hul lisensies verval het. Kenners van die wet meen dit is tyd dat die Vuurwapenwet gewysig word. Foto: verskaf

Die wetsontwerp, wat moontlik van Groenewald se voorstelle insluit, sloer nou al bykans drie jaar en intussen duur vuurwapeneienaars se onsekerheid voort.

Jan Krijt, ’n regsgeleerde wat spesialiseer in vuurwapenaansoeke, meen die hofuitspraak is vuurwapeneienaars goedgesind maar skep nóg ’n grys gebied rondom wetstoepassing.

Krijt het gesê die uitspraak beteken dat niks vuurwapeneienaars verhoed om weer aansoek te doen om vuurwapenlisensies vir ’n vuurwapen waarvan die lisensie verval het nie.

“Ongelukkig laat die uitspraak ons in die donker want die wet sê ook dat as jou lisensie verval het, is jy eintlik onwettig in besit van die vuurwapen.”

Krijt meen die uitspraak los steeds nie die eienaar se probleem op nie en die polisie sal nou ’n besluit hieroor moet neem.

Hy het gesê die oorgrote meerderheid mense wie se vuurwapenlisensies verval het, is wetsgehoorsame burgers.

“Dit is ’n administratiewe kwessie.”

Hy het gesê die polisie skep eintlik vir homself baie werk omdat vuurwapens “oorreguleer” word. Dit plaas onnodige druk op die hulpbronne en hy meen die wetgewing moet verander word om die probleem op te los.

“Mense besit nou onwettig vuurwapens en dit is nie noodwendig deur hul eie toedoen nie. Dit frustreer mense want ons het ’n reg tot vuurwapeneienaarskap.”

Groenewald het gesê die jongste hofuitspraak skep onsekerheid en hy stem saam met Krijt dat die wet verander moet word.

Daar heers ’n algehele chaos en dit lei tot swak beheer en selfs tot die pleeg van misdaad met vuurwapens wat ingehandig is.

Volgens hom gee die hof nie leiding deur te sê wat gebeur met die vuurwapen terwyl jy weer aansoek doen nie.

“Moet dit ingehandig word, want die wet sê ook jy kan nie aansoek doen vir ’n vuurwapen wat jy onwettig besit nie?”

Hy het gesê mense moet deeglik kennis neem van die grys gebiede wat tans bestaan omdat die wet steeds sê jy moet die wapen inhandig.

Volgens Groenewald moet ’n amnestietydperk weer ingestel word sodat mense kan aansoek doen vir wapens waarvan die lisensies verval het.

Hy het gesê hy is ten gunste daarvan dat die administratiewe proses rondom vuurwapenlisensies geprivatiseer word.

“Daar heers ’n algehele chaos en dit lei tot swak beheer en selfs tot die pleeg van misdaad met vuurwapens wat ingehandig is.

“Mense behoort ’n boete te kan betaal indien hulle laat aansoek doen, iemand het mos nie skielik onbevoeg geraak om ’n vuurwapen te besit omdat sy aansoek laat ingedien is nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.