Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Horner: Bloed op broeke oortuig landdros om borgtog te weier

Die drie bloedbesmeerde langbroeke wat die polisie gekry het in twee sinkvertrekke wat aan Sekwetje Mahlamba behoort, het landdros Deon van Rooyen oortuig om hom borgtog te weier.

Van Rooyen het Donderdag in Senekal uitspraak gegee in die borgtogaansoeke van Brendin Horner (22) se twee vermeende moordenaars.

Van Rooyen sê dit sal nie in belang van geregtigheid wees om aan Mahlamba borgtog toe te staan nie.

Hy meen Mahlamba mag moontlik inmeng in die polisieondersoek.

Mahlamba se vriendin se getuienis vorm ook deel van die staat se saak. Sy het bevestig hy was nie die aand van die moord tuis nie.

Sekwetje Mahlamba
Sekwetje Mahlamba (agter) en Sekola Matlaletsa praat Dinsdag met hul regsverteenwoordigers in die hof in Senekal. Foto: Alet van der Walt

Ooggetuies het ook verklarings afgelê dat hulle in ’n taverne in Paul Roux gehoor het hoe hy spog dat ’n wit man aangerand is.

Die staat het Van Rooyen oortuig daar is genoeg bewyse om Mahlamba borgtog te weier en Mahlamba kon nie die hof oortuig dat daar buitengewone omstandighede is wat sy vrylating noodsaak nie.

Mahlamba se medebeskuldigde, Sekola Matlaletsa, se aansoek was egter suksesvol.

Van Rooyen het beslis Matlaletsa se gesin is van hom afhanklik en hy kry ’n ongeskiktheidstoelaag wat hy sal verloor as hy onbepaald in aanhouding bly.

Van Rooyen sê om Matlaletsa borgtog te weier sal beteken dat hy byvoorbaat gestraf word.

Matlaletsa se borgtog is op R5 000 vasgestel. Hy moet drie maal per week by die polisiekantoor in Paul Roux aanmeld en mag glad nie met enige van die staat se getuienis inmeng nie.

Die uitslag van DNS-toetse wat op bloedmonsters gedoen is wat in Horner se bakkie gevind is, kan nie met een van die beskuldigdes verbind word nie. Dit is goeie nuus vir die staat se ondersoekspan, omdat dit verklarings van ooggetuies staaf dat die mans te voet van die moordtoneel is en dat daar minstens nog drie verdagtes op vrye voet is.

Die verhoor is tot 1 Desember uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.