Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Horner-saak: Persoon gedreig wat verklaring afgelê het

’n Getuie wat ’n verklaring in die moordondersoek van Brendin Horner (22) afgelê het, het reeds ’n dreigement gekry.

Dit het aan die lig gekom tydens die borgtogaansoek van die twee beskuldigdes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, Dinsdag in die landdroshof in Senekal. Die staat staan borgtog teen.

Joseph Kjoelenya, Mahlamba se prokureur, het Dinsdag vir kapt. Gerhard Myburgh, ’n speurder en een van die ondersoekbeamptes in die ondersoek onder kruisverhoor geneem.

Kjoelenya het aan Myburgh gesê die staat het eintlik nie ’n saak nie en dat alles op omstandigheidsgetuienis berus.

Kjoelenya het aan Myburgh gesê ene Pinky sê daar was ’n rituele slagting by haar huis en dat Mahlamba nie daar was nie.

Brendin Horner en sy vriendin, Lenize Taljaard. Foto: Facebook

Mahlamba sê egter tydens ’n rituele slagting word mense nie genooi nie en dat daar 50 mense by Pinky se huis opgedaag het.

Die mans slag die diere, nie vrouens nie, en Mahlamba sê hy was daar, maar Pinky het hom nie gesien nie.

Myburgh sê sy sou dan gesê het sy weet nie of hy daar was nie en daar is nie rede vir haar om daaroor te lieg nie.

Mahlamba het vroeër aangevoer sy klere, waarop die polisie beslag gelê het, is met bloed besmeer omdat hy tydens ’n rituele slagting gehelp het.

Myburgh het onder kruisverhoor gesê dat ’n getuie reeds telefonies gedreig is en dat daar ook ’n kans is dat daar weer openbare geweldpleging kan wees as die twee mans vrygelaat word. Hy het gesê dinge is tans kalm omdat daar so baie polisie ontplooi is en omdat die mans in aanhouding is.

Die borgtogverhoor duur voort.

Meer oor:  Polisie  |  Brendin Horner  |  Senekal  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.