Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Horner: Verdagtes vertel glo hulle ‘slaan wit man’

Brendin Horner se twee vermeende moordenaars, Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba, het die dag ná sy moord in ’n taverne in Paul Roux saam met nog ’n man bier gedrink en vertel hulle het ’n wit man geslaan.

Die drie mans is vroeër die dag gesien waar een met bloed aan sy klere uit die rigting van Thabo Mofutsanyana, die berg by Paul Roux, gekom het.

Dis dieselfde rigting waar die plaas geleë is waar Horner vermoor is.

Kapt. Gerhard Myburgh, ’n speurder van Senekal, het Vrydag in die twee se borgtogverhoor getuig.

Myburgh het getuig dat ’n vrou die drie mans se gesprek in die taverne gehoor het.

Beskuldigde een en sy regsverteenwoordiger in die hof in Senekal. Foto: Alet van der Walt

Sy het ’n beëdigde verklaring afgelê waarin sy sê die mans het vertel hulle het die man, wat hulle “gesteur” het, aan ’n heiningpaal vasgemaak.

Myburgh het getuig dat die polisie die mans se huise deurgesoek het.

In Mahlamba se huis is bebloede klere gekry. ’n Bebloede broek was in ’n vrieskas versteek.

By Matlaletsa se huis is klere gekry was pas gewas was.

Myburgh het aan die hof gesê die lykskouing het bevestig dat Horner met messe gesteek is, gewurg en gesleep is.

Sy dood is deur versmoring veroorsaak.

Die beskuldigdes in die hof in Senekal. Foto: Alet van der Walt

Drie verskillende mense se bloed is op Horner se werkbakkie gekry.

Landdros Deon van Rooyen het Myburgh gevra wanneer die forensiese uitslae beskikbaar sal wees.

Myburgh het gesê die ontledings geniet prioriteit vanweë die hoë profiel wat die moord het.

Adv. Jacques Harrington, die aanklaer, het die mans se borgtogaansoek teengestaan.

Die mans het vorige veroordelings, wat veediefstal insluit. Mahlamba is tans op borgtog in ’n veediefstalsaak.

Van Rooyen sal op 20 Oktober uitspraak lewer. Die mans bly in aanhouding.

Joseph Kjoelenya tree vir Mahlamba op en Peter van der Merwe tree vir Matlaletsa op.

Senekal se hof was Vrydag stampvol. Foto: Alet van der Walt
Meer oor:  Brendin Horner  |  Senekal  |  Verdagtes  |  Slaan  |  Wit Man
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.