Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Hou Timol se moordenaars aanspreeklik’
Alex Mashilo Foto: DAILY SUN

Die volle gang van die gereg moet die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol se moordenaars nou in die gesig staar en hulle moet aanspreeklik gehou word vir hul dade.

Die SAKP het só gesê kort nadat regter Billy Mothle Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria bevind het dat lede van die destydse veiligheidspolisie Timol vermoor het deurdat hy uit ’n venster op die tiende verdieping van John Vorsterplein, die destydse polisiehoofkantoor in Johannesburg, gestamp is.

Alex Mashilo, SAKP-woordvoerder, het in ’n verklaring die uitspraak verwelkom en gesê die hof se bevinding bevestig wat die SAKP heeltyd geglo het – dat Timol nie soos destyds beweer is, sy eie lewe geneem het nie.

“Die uitspraak baan nou die weg vir geregtigheid om sy volle gang te gaan. Die gang van die gereg moet diegene wat die moord gepleeg het nou in die gesig staar en hulle moet aanspreeklik gehou word ingevolge die oppergesag van die reg.”

Volgens Mashilo is die SAKP onwrikbaar in sy ondersteuning van die Timol-familie en sal die party sy veldtog verskerp vir ’n wyer program om geregtigheid vir almal te soek.

“Daar moet verantwoording gedoen word vir elkeen wat op versoek van die apartheidsregime vermoor is of verdwyn het. Die magte agter die misdaad teen die mensdom, apartheid, moet aanspreeklik gehou word,” het Mashilo gesê.

Meer oor:  Alex Mashilo  |  Hofuitspraak  |  Reaksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.