Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Howe: Hoe werk dit nou?
Jurgen Vandekeere. Foto: Gallo Images/Foto24/Lerat
Jurgen Vandekeere. Foto: Gallo Images/Foto24/Lerato Maduna

Verhoorafwagtende beskuldigdes soos Jurgen Karel Gunther Vandekeer (41) sal vir eers in die tronk moet wag tot ná die staat van inperking vir sy saak om voor te gaan.

Vandekeer, wat sedert September 2013 soek was vir sy beweerde betrokkenheid by die moord op Chantelle Barnard (20) op ’n hoewe in Benoni, sou Vrydag weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.

Vrydag, die eerste dag van inperking om die verspreiding van Covid-19 te stuit, was daar geen beweging by die hof nie en die hoofingang was gegrendel met ’n swaar slot en ketting.

Nathi Mncube, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse howe, het kort voor 12:00 deur foto’s bevestig die hof is oop. Dit was nadat Netwerk24 foto’s aangestuur het van die hof wat tussen 08:00 tot kort duskant 11:00 toegestaan het.

Dié foto is Vrydag kort ná 10:00 geneem. Toe was die hof nog gesluit en daar was geen beweging nie.Foto: Isabel Venter

'n Veiligheidswag het ook aan Netwerk24 gesê die hof is gesluit en dat net dringende aansoeke aangehoor word, “maar dat daar nie regtig enige dringende sake is nie”.

Mncube het volgehou die hof was sedert 9:00 oop vir die publiek.

“Die personeel het betyds opgedaag vir werk, en die hof was oop volgens die regter-president se voorskrifte,” het Mncube gesê.

Hy het egter gemaan dat net sekere sake in die komende weke in die hoë en streekshowe van Gauteng aangehoor sal word.

Dit stem ooreen met riglyne wat hoofregter Mogoeng Mogoeng verlede week uitgereik het, asook nog verdere riglyne van die kantoor van die regter-president in Gauteng.

Mogoeng se riglyne is uitgereik om strenger gesondheids- en veiligheidsmaatreëls by howe in te stel.

Daarvolgens is alle sake wat van nou tot 9 April in die hoë howe in Gauteng aangehoor sou word, uitgestel tot minstens 14 April.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Donderdag ook verdere riglyne in die Staatskoerant gepubliseer waarin dit duidelik gemaak is dat toegang tot howe beperk sal wees tot ná die inperkingstydperk. Dié tydperk kan verleng word as dit later nodig sal wees.

Verder het Lamola ook die volgende riglyne afgekondig:

* Net mense wat ’n wesenlike belang by ’n saak het, sal toegelaat word in die hof. Dit sluit in regsverteenwoordigers, beskuldigdes, getuies en hofpersoneel.

* Hofbeamptes moet seker maak dié mense handhaaf ’n gesonde afstand in die hofsaal.

* Diegene wat van hoërisiko-lande af gereis het of op watter manier ook al in aanraking gekom het met die virus, sal die hof verbied word.

* By die hoë, streek- en landdroshowe sal uitstelle in die bogenoemde tydperk geskied deur wedersydse, regstreekse beeldsending. Niemand in tronke of aanhoudingselle sal na enige hof in Gauteng vervoer word nie, behalwe vir borgaansoeke, eerste verskynings en kwessies waar die betrokke regslui spesiale reëlings getref het.

* Wat siviele sake op die hofrol betref, sal net dringende en noodsaaklike sake aangehoor word. Wat betref sake wat wel dringend aangehoor moet word, kan reëlings getref word dat dit deur middel van ’n videokonferensie gedoen word.

KLIK EN LAAI AF: Lamola se volledige voorskrifte

Meer oor:  Howe  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.