Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Howe selfs minder as polisie vertrou, wys peiling

Hoewel Suid-Afrikaners se vertroue in die polisie drasties afneem, vertrou hulle steeds die polisie meer as wat hulle die howe vertrou, blyk uit ’n meningspeiling deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) oor hoe Suid-Afrikaners misdaad die afgelope boekjaar ervaar het.

Risenga Maluleke, statistikus-generaal, het die bevindinge Donderdag in Hatfield, Pretoria, bekend gemaak.

Sowat 30 000 huishoudings het deelgeneem aan die peiling oor misdaad, asook oor die openbare mening oor die polisie, die howe en korrektiewe dienste.

Hiervolgens het die persentasie huishoudings wat met die polisie in hul omgewing tevrede is, drasties met 3,1 persentasiepunte teenoor verlede jaar tot 54,2% verminder.

Risenga Maluleke Foto: GCIS

Luidens die peiling word byna die helfte van huisinbrake nie by die polisie aangemeld nie. Dit is hoofsaaklik omdat mense nie glo die polisie kan iets daaraan doen nie.

Volgens die meeste respondente is inbrake die misdaad waarvoo

r hulle die bangste is.

Vrees vir misdaad verhoed nou een uit drie Suid-Afrikaners om oop ruimtes te besoek. Altesaam 17,1% van huishoudings wil nie hul kinders buite laat speel nie en 12% wil nie hê dat hulle skool toe moet stap nie.

Net agt uit tien Suid-Afrikaners voel veilig genoeg of redelik veilig om in die dag in die omgewing waar hulle woon alleen rond te loop. In die aand voel slegs 64,4% van respondente veilig of redelik veilig om buite te wees.

In reaksie sê John Steenhuisen, DA-hoofsweep, Suid-Afrikaners verloor vinnig vertroue in die polisie.

“Suid-Afrikaners verdien om in woonbuurte te woon wat veilig is, en om ’n eerlike polisiediens te vertrou wat goed opgelei is.”

Reneilwe Serero, woordvoerder van Bheki Cele, minister van polisie, het by navraag gesê sy het nog nie kans gehad om deur die bevindinge van die peiling te gaan nie.

Luidens die peiling vertrou Suid-Afrikaners die howe nog minder as die polisie.

Mense is in die algemeen meer tevrede met die polisie omdat beskuldigdes in hegtenis geneem word, maar dan dikwels nie deur die howe skuldig bevind word nie.

Huishoudings se tevredenheid oor hoe die howe beskuldigdes hanteer, het met 3,8 persentasiepunte tot 41,1% gedaal.

“Mense is in die algemeen meer tevrede met die polisie omdat beskuldigdes in hegtenis geneem word, maar dan dikwels nie deur die howe skuldig bevind word nie,” het Maluleke gesê.

Luidens die peiling ervaar respondente ook dat eiendomsmisdaad en misdaad teen individue met 5% toegeneem het.

Albei dié soorte misdaad het die skerpste in Noordwes gestyg.

In die Wes-Kaap is die grootste daling in misdaad teenoor individue aangemeld en in die Noord-Kaap het eiendomsmisdaad die grootste afname gewys.

Die syfers verskil in baie gevalle van die nasionale misdaadstatistieke wat verlede maand deur die polisie bekend gemaak is. Dit is waarskynlik omdat baie misdaad nie by die polisie aangemeld word nie, sê Maluleke.

Die resultate van die peiling stem wel ooreen met die polisie se statistieke dat moord die afgelope drie jaar toegeneem het. Die persepsie onder Suid-Afrikaners neem ook toe dat gewelds- en eiendomsmisdaad die afgelope drie jaar toegeneem het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.