Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Huurmoord’: Landdros wil meer weet oor staat se saak

Nog besonderhede oor die beweerde huurmoord op ’n boer en taxibaas van Bloemfontein sal volgende week aan die lig kom wanneer die ondersoekbeampte sal getuig in ’n formele aansoek om borgtog van die boer se vrou en ’n “profeet”.

Kapt. David Ramsoala sal op versoek van landdros Ryan Ishmail getuig oor hoe sterk die staat se saak is teen Kelebogile Louisa Mokoena (51), ’n verpleegster van Bloemfontein, en Sonnyboy (Elvis) Galeboe (31), ’n “profeet” of “pastoor” van die Livingston Revival Ministries.

Hulle word aangekla van die moord op Ntau Lucas Mokoena (51) wat in Julie vanjaar in sy huis in Fichardtpark glo deur ’n huurmoordenaar doodgeskiet is.

’n Verklaring van Ramsoala is Maandag by die hof ingedien, maar Ishmail wil meer weet oor hoe sterk die saak is voordat hy beslis of dié twee op borgtog vrygelaat sal word.

Sy het ’n deposito van R10 000 in die teenwoordigheid van Galeboe vir die huurmoord betaal.

In sy verklaring sê Ramsoala die gemeenskap sal vertroue in die regstelsel verloor as die mense wat betrokke by die moord op ’n suksesvolle sakeman was om beheer oor sy geld te kry, op borgtog uitgelaat word.

Dan is hulle juis in dié posisie waarvoor hulle sy moord gereël het.

Daar is ooglopende aanduidings dat Galeboe voorheen by huurmoorde betrokke was. Mokoena het haar eie lot bepaal deurdat sy saam met Galeboe gereël het om haar man te laat vermoor, het Ramsoala getuig.

Sy het nie net met die reëlings gehelp nie, maar het ook haar eie honde vergiftig sodat die huurmoordenaar makliker toegang tot die huis kon kry.

Sy het ’n deposito van R10 000 in die teenwoordigheid van Galeboe vir die huurmoord betaal. Die beplanning is in Galeboe se huis in Freedom Square by die stad gedoen, sê Ramsoala.

Hy sê van die 132 uitstaande sake op die hofrol van dié landdroshof is 30 vir moord of poging tot moord. Die afgelope 12 maande het dié hof ook met meer as ses sake waarby huurmoorde betrokke was, gehandel.

Johan de Vries tree vir die staat op. Nico Naudé tree vir Mokoena en Hilda Odora vir Galeboe op.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.