Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Huurmoord op boer: Verpleegster en profeet kry borgtog

’n Verpleegster van Bloemfontein en haar profeet wat by die beweerde huurmoord op haar man betrek is, is in die landdroshof in die stad op borgtog van altesame R30 000 vrygelaat.

Landdros Ryan Ishmail het Maandag in sy uitspraak in Kelebogile Louisa Mokoena (51) en Elvis Galeboe (31), ’n “profeet” van die Livingston Revival Ministries, se aansoek om borgtog gesê hulle het bewys dit is in belang van geregtigheid dat hulle op borgtog uit moet wees.

Elvis Galeboe (voor, links in die beskuldigdebank) met ’n vorige verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: Alzane Narrain

Hulle word daarvan aangekla dat hulle saam gekonkel het om Mokoena se man, Ntau Mokoena (51), in Julie in sy huis in Fichardtpark te vermoor.

Galeboe word glo as die middelman tussen Mokoena en die huurmoordenaars beskou.

Kelebogile Louisa Mokoena met ’n vorige verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: Alzane Narrain

Ishmail sê die staat het nie voldoende redes aan die hof verskaf waarom hulle in aanhouding moet bly nie.

Hy sê die staat het Galeboe se vrylating teengestaan omdat hy by soortgelyke moorde betrokke is.

“Die staat beweer staatsgetuies is vermoor, maar hy is nooit vir dié moorde vervolg nie. Hy is nooit in hegtenis geneem en aangekla nie.”

Die staat kan nie dié misdade teen Galeboe gebruik as hulle hom nooit daarvoor vervolg het nie, sê Ishmail.

Hy sê daar is geen getuienis voor hom dat Mokoena en Galeboe nie hul verhoor sal bywoon nie.

Ishmail het Mokoena op borgtog van R20 000 vrygelaat en Galeboe op R10 000. Hul verhoor is tot volgende jaar uitgestel.

Adv. Tumelo Ramatlakane het aangekla.

* Die vermeende huurmoordenaars is nog op vrye voet.

Ntau MokoenaFoto: FACEBOOK
Meer oor:  Kelebogile Louisa Mokoena  |  Bloemfontein  |  Verpleegster  |  Borgtog  |  Hof  |  Profeet  |  Huurmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.