Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hy's skuldig aan moord op Courtney Pieters
Mortimer Saunders Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Regter Pearl Mantame het Mortimer Saunders (42) Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind aan die moord en verkragting op Courtney Pieters (3).

Saunders is daarvan aangekla dat hy Courtney in Mei 2017by haar ouerhuis in Salberau, Elsiesrivier, verkrag en vermoor het.

Uitspraak in die saak het Dinsdag begin.

Courtney Peters (3)

Mantame het Saunders se pleitverduideliking aan die hof voorgelees. Hierin beken hy dat hy Courtney se vagina met sy vingers gepenetreer het, maar hy ontken dat hy haar verkrag het. Mantame het Dinsdag ook die tien staatsgetuies se getuienis saamgevat, onder meer dié van Courtney se ma, Juanita Pieters.

Juanita was die eerste staatsgetuie. Sy het onder meer getuig die dag toe sy kringtelevisiebeeldmateriaal van Saunders gesien het waar hy met ’n plastieksak in die rigting van die Epping-nywerheidsgebied geloop het, het sy vir die polisie gejok.

“Ek het gesê ek ken nie dié man nie,” het sy aan die hof gesê.

Sy het getuig sy was geskok en dat sy dit nie van Saunders verwag het nie.

Die hof het ook gehoor hoewel Juanita en Saunders nie van mekaar gehou het nie, het sy tog takies vir hom verrig soos om sy wasgoed te was.

Die saak is tot 4 Desember vir vonnisverrigtinge uitgestel.

Meer oor:  Courtney Pieters  |  Mortimer Saunders  |  Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.