Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
IN FOTO'S: Rohde se laaste ure van vryheid

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde is in aanhouding by Pollsmoor-gevangenis in Tokai in Kaapstad totdat hy weer in die hof verskyn op 21 November wanneer vonnisverrigtinge begin.

Rohde is Donderdagoggend in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan, by die Spier-landgoed in Stellenbosch die naweek van 24 Julie 2016.

Jason Rohde wag vir die hofuitspraak om gelewer te word. Foto: Jaco Marais

Met aanvang van die hofverrigtinge het regter Gayaat Salie-Hlophe gesê sy het 'n geskrewe uitspraak van 258 bladsye, maar sy het 'n opsomming voorberei van 38 bladsye. Foto: Jaco Marais

'n Polisielid staan nader om Rohde te boei nadat hy aan moord skuldig bevind is. Foto: Jaco Marais
 
Rohde word geboei. Foto: Jaco Marais
Rohde word afgelei na die aanhoudingselle. Foto: Jaco Marais
Rohde het by tye tydens die regter se uitspraak emosioneel geraak, maar het later uitdrukkingloos aangehoor dat hy skuldig is aan moord. Foto: Jaco Marais
Rohde word weer by die hof ingebring. Foto: Jaco Marais
Die hof het vir 'n paar minute verdaag op versoek van adv. Graham van der Spuy. In daardie tyd moes Rohde in die aanhoudingselle wag. Foto: Jaco Marais
Rohde wag dat sy boeie verwyder word voordat die hofverrigtinge hervat. Foto: Jaco Marais
Rohde se boeie word verwyder. Foto: Jaco Marais
Rohde praat met sy regsverteenwoordiger, Tony Mostert. Foto: Jaco Marais
Rohde se regspan het aansoek gedoen dat hy op borgtog vrygelaat word totdat hy gevonnis word. Foto: Jaco Marais
Die hof het Rohde se aansoek van die hand gewys. Hy is na buite gelei op pad na die aanhoudingselle. Hy gaan in aanhouding bly in die Pollsmoor-gevangenis. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Jason Rohde  |  Rohde-Moordsaak  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.