Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ingenieur moet woorde sluk oor direkteur – hof

’n Siviele ingenieur van Ficksburg moet sy woorde sluk oor die kwalifikasies van die direkteur van ontwikkelingsbeplanning en maatskaplike sekerheid van die Setsoto-munisipaliteit, het die hooggeregshof in Bloemfontein gelas.

Verder moet Bambatha Marotholi, uitvoerende direkteur van die Maratholi-groep, ook Themba Zondo se regskoste betaal, het regter Pitso Molitsoane Donderdag gelas.

Marotholi, wat die alias Al Capone op Facebook gebruik, het in Januarie plasings op sy Facebook-blad gesit waarin hy beweer Themba Zondo se kwalifikasies vir sy pos is vervals en ook dat Zondo oor sy kwalifikasies gelieg het en dat hy nie oor die NQF 7-kwalifikasie beskik nie.

Nadat hy ’n prokureursbrief van Zondo gekry het, het Marotholi geweier om die plasing van Facebook te verwyder en het hy nog ’n plasing gemaak waarin hy Zondo uitdaag om hom ’n goeie rede te gee waarom hy die eerste plasing moet verwyder of verander.

Hy het dalk nie die NQF 7-kwalifikasie nie, soos wat Marotholi beweer, maar dit maak nie saak nie, want hy het nooit gesê hy het dit nie.

Toe wend Zondo hom tot die hof.

Molitsoane, wat ’n voorlopige bevel teen Marotholi bekragtig het, het in sy hofstukke gesê Zondo het nog verdere kwalifikasies, waarvan Marotholi blykbaar nie geweet het nie, bekend gemaak.

“Hy het dalk nie die NQF 7-kwalifikasie nie, soos wat Marotholi beweer, maar dit maak nie saak nie, want hy het nooit gesê hy het dit nie,” het Molitsoane gesê.

Marotholi het in hofstukke beweer dat Zondo se aanstelling onverdiend was en dat dit ’n skokkende aanstelling is van iemand wat nie die nodige kwalifikasies het nie.

Molitsoane het gesê dié bewerings wat Marotholi in sy plasing op Facebook gemaak het, het hy nooit in sy hofstukke as waar bewys nie. Hy kon dus nie staatmaak nie op ’n verweer dat sy plasing redelik en billik was.

Hy het bevind Marotholi se plasing was lasterlik en het die integriteit en reputasie van Zondo aangetas. Die reaksies daarop dui dat sy aanstelling deur korrupsie en bedrog bevlek is.

Benewens dat Marotholi die plasings van die Facebook-blad moet verwyder, mag hy ook nie verdere soortgelyke plasings oor Zondo op enige internetplatforms of webtuistes maak nie.

Hy is ook beveel om ’n verskoning teenoor Zondo op Facebook te plaas waar die gewraakte plasing was.

Adv. Francois Jacobs het in opdrag van Peyper-prokureurs vir Zondo opgetree. Mkhosi Radebe het in opdrag van Ramothello-prokureurs vir Marotholi opgetree.

* Die Setsoto-munisipaliteit bedien die dorpe Ficksburg, Marquard, Senekal en Clocolan.

Meer oor:  Ficksburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.