Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Inwoners dreig met eie reg oor borgtog
Inwoners van Middelburg betoog voor die hof teen die toestaan van borgtog aan Ada Sammy se vermeende aanvaller.

Middelburg – ’n Groot aantal inwoners van Middelburg het Woensdag voor die landdroshof betoog teen die moontlike vrylating van die beskuldigde wat ’n bejaarde inwoner glo aangerand het.

Foto: VERSKAF

Die 34-jarige Jonathan Booysen word daarvan aangekla dat hy Ada Sammy (73), ’n raadslid van die Inxuba Yethemba-munisipaliteit, Sondagoggend in haar huis geslaan en gewurg het tot sy haar bewussyn verloor het.

Sammy het later weer bygekom en gestoei om haar vasgebinde hande los te wikkel, waarna sy die polisie ontbied het. ’n Erg getraumatiseerde Sammy het gesê dat sy die verdagte kon herken.

“Hy het net heeltyd geskree ek moet my samewerking gee, maar hy het sy hande om my keel gehad en later sy knie so hard op my nek gedruk dat ek eenvoudig nie ’n geluid kon uitkry nie.”

Die verdagte is Sondagmiddag danksy knap speurwerk van die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens vasgetrek toe hy na bewering Sammy se selfoon aan ’n buitelandse winkeleienaar verkwansel het.

Ada Sammy (73) voor die gang-venster waardeur haar aanvaller Sondagoggend vroeg haar huis betree het.Foto: ELSABé PIENAAR

Hoewel hy Woensdag in die hof verskyn het, is die saak tot 22 Junie uitgestel in die afwesigheid van die aanklaer. Die beskuldigde sal in aanhouding bly.

Verskeie inwoners het hulle ontsteltenis oor die voorval uitgespreek en gedreig om eie reg te gebruik as die beskuldigde, wat glo aan dwelms verslaaf is, vrygelaat sou word.

Sammy, ’n inwoner van Midros, was jare lank ’n onderwyseres voordat sy in 2004 die gemeenskap as raadslid begin dien het.

Noncedo Zonke, burgemeester van IYM, het haar kommer oor die voorval uitgespreek.

“Ons kan nie stilbly oor die toename in geweld teen vroue en kinders tydens die Covid-19-inperkings nie,” het Zonke gesê.

“Dit is kommerwekkend dat die gees van ubuntu stadig maar seker in ons gemeenskappe weggekalwe word.”

Meer oor:  Middelburg  |  Borgtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.