Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Is jou dood jou eie besluit?
Die appèlhof in Bloemfontein. Foto: Elsje du Toit

“Is dit nie die besluit van elke pasiënt wat in pyn verkeer om te kies hoe en wanneer hy of sy wil sterf nie?”

Dit was die vraag wat regter Malcolm Wallis Vrydagoggend in die appèlhof in Bloemfontein gevra het in die appèlsaak teen die wettiging van genadedood.

’n Volbank regters het die saak aangehoor.

Adv. L. Nkosi-Thomas, vir die staat, het dit aan die hof gestel dat adv. Robin Stransham-Ford (65) nie op sy sterfbed in soveel pyn was as wat hy gedink het hy sou wees nie.

“Die reg om te lewe sluit nie die reg in om nié te lewe nie,” het sy Wallis geantwoord.

’n Debat oor die verskil tussen genadedood en geassisteerde dood het tussen Thomas en die regters ontstaan.

“As jy jou lewe gaan beëindig, wetend dat jy jou lewe gaan beëindig, is jy skuldig aan moord,” sê Thomas.

Talle mense het voor die hof gestaan met plakkate om hul teenkanting teen genadedood te toon. Hulle het doodstil gestaan en hul plakkate aan verbygangers vertoon.

Die verhoor duur voort.

Mense betoog teen genadedood buite die appèlhof in Bloemfontein. Foto: Elsje du Toit

Meer oor:  Robin Stransham-Ford  |  Bloemfointein  |  Appèlhof  |  Genadedood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.