Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Jaloesie, woede dryf man tot moord op student

’n Stagnerende lewe en woede oor die einde van hul verhouding is wat ’n jong man van die Oos-Kaap gedryf het tot die moord op ’n student van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

So het die streekhof in Butterworth vandeesweek gehoor ter strafversagting van die veroordeelde moordenaar Viwe Rulumeni (22).

Rulumeni het skuld beken vir die moord op Asithandile (Kwasa) Zozo (19), wat ’n eerstejaar aan Wits was.

Hy is Woensdag ’n vonnis van 20 jaar tronkstraf opgelê.

Asithandile (Kwasa) Zozo is in 2020 deur haar ekskêrel vermoor. Foto: Facebook, JusticeforKwasaZozo

Die moord op Zozo op 17 Augustus 2020 in Idutywa het die plaaslike gemeenskap en kampvegters teen geslagsgeweld geskok.

Rulumeni het Zozo gewurg voordat hy haar herhaaldelik met ’n mes gesteek en eers gestop het toe die mes breek.

Die gruvoorval het ten aanskoue van Zozo se 11-jarige suster gebeur.

Die Oos-Kaapse polisie het vroeër gesê Rulumeni het kort ná die moord op Zozo sy eie lewe probeer neem, maar is met sy inhegtenisneming in ’n hospitaal opgeneem en het herstel.

Volgens Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, het Rulumeni die dag van die moord by Zozo se huis opgedaag omdat sy hom geïgnoreer het nadat sy hul verhouding beëindig het.

Rulumeni het beken hy kon dit nie aanvaar dat hul verhouding verby is nie en wou met haar praat, waarna die situasie ’n dodelike nadraai gehad het.

Rulumeni het gesê hy is ook gedryf deur sy jaloesie, aangesien Zozo vordering gemaak het in haar lewe deur na ’n universiteit te gaan, terwyl sy lewe gestagneer het nadat hy gematrikuleer het.

Tyali sê die staat het ter strafverswaring getuienis gelei oor die traumatiese gevolge wat Zozo se moord op haar familie het.

“Ons verwelkom die vonnis. Ons glo ook die spoedige wyse waarop die saak afgehandel is, sal die gemeenskap se vertroue in die regstelsel help bou. Dit bly ons hoop dat sake spoedig afgehandel word sodat gemeenskappe kan sien dat geregtigheid geskied,” sê Tyali.

Meer oor:  Butterworth  |  Moord  |  Jaloesie  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.