Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Jason Rohde bring nog ’n Kersfees buite tronk deur

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde sal ’n tweede Kersfees saam met sy geliefdes deurbring nadat die appèlhof bevestig het sy appèl sal eers in 2021 aangehoor word.

Dit kom agt maande nadat Rohde se regspan die appèlrekord ingedien het, maar intussen moes hulle ook aanvullende stukke indien.

Rohde is in Desember 2019 onder streng voorwaardes op borgtog hangende sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis vrygelaat.

Jason Rohde tydens sy verhoor in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die appèlhof het bevestig die saak sal eers in die eerste kwartaal van 2021 aangehoor kan word omdat die hofrekord baie groot is.

Die rekord beslaan sowat 36 bundels, teenoor die normaalweg tussen vyf en tien bundels per saak.

Intussen het Rohde se regspan en die staat ooreengekom op nuwe datums oor die indiening van hul hofstukke.

Die staat sal eers nadat die hele rekord en aanvullende bundels voltooi is, sy betooghoofde kan indien. Rohde se regspan kan nie hul hoofde indien totdat die staat syne ingedien het nie.

Die aanvullende stukke van die rekord sal voor 15 September ingedien word en dan sal partye se betooghoofde voor 22 September ingedien kan word.

Die appèl teen sy skuldigbevinding en effektiewe vonnis van 20 jaar tronkstraf in die hooggeregshof in Kaapstad sal deur ’n volbank appèlregters aangehoor word.

Rohde is aan moord en regsverydeling skuldig bevind nadat sy vrou, Susan (47), se lyk op 24 Julie 2016 agter ’n geslote badkamerdeur op die Spier-wynlandgoed by Stellenbosch gevind is.

Rohde is deur regter Gayaat Salie-Hlophe in die hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind aan moord en regsverydeling omdat hy die toneel só gemanipuleer het dat dit gelyk het asof Susan haarself opgehang het.

Sy het ook bevind dat daar nie ’n redelike kans is dat ’n ander hof tot ’n ander gevolgtrekking as sy sal kom wat sy skuldigbevinding aanbetref nie en ook dat sy vonnis gepas is.

Salie-Hlophe het Rohde se aansoek om verlof tot appèl geweier, waarna hy hom toe tot die appèlhof gewend het.

Dié hof het verlof tot appèl aan hom toegestaan.

Hy het toe ook by die appèlhof geappelleer teen die weiering van die hooggeregshof in Kaapstad om aan hom borgtog toe te staan hangende die appèl. Dié aansoek het geslaag en Rohde is in Desember op borgtog vrygelaat. Die jongste verwikkeling beteken Rohde sal nog ’n Kersfees by sy familie kan wees. Hy bly in Plettenbergbaai ingevolge sy borgtogvoorwaardes.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Buite  |  Kersfees  |  Appèlhof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.