Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Jason Rohde kan appelleer, wil wéér borgtog hê

Jason Rohde gaan weer ’n aansoek om borgtog indien nadat die appèlhof Dinsdag sy aansoek om verlof om appèl toegestaan het.

Tony Mostert, Rohde se regsverteenwoordiger, het Dinsdag bevestig die hof het sy aansoek toegestaan.

Dit is dieselfde aansoek as wat Rohde voor regter Gayaat Salie-Hlophe in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien het nadat sy hom skuldig bevind het en gevonnis het.

Jason Rohde in die hooggeregshof in Kaapstad tydens sy verhoor. Foto: Jaco Marais

Rohde (50) is vroeër vanjaar 18 jaar tronkstraf opgelê weens Susan Rohde se moord, en nog vyf jaar weens regsverydeling nadat hy in November 2018 skuldig bevind is. Hy dien tans tronkstraf van effektief 20 jaar uit.

Susan Rohde se lyk is in Julie 2016 in die egpaar se hotelkamer in die Spier-hotel buite Stellenbosch gevind.

Rohde voer aan die hof het sy vonnis op ’n “onaanvaarbare en onregterlike” wyse benader, wat op “heftige persoonlike kritiek en ’n aanval” neergekom het.

Salie-Hlophe het nie hiermee saamgestem nie en sy aansoek van die hand gewys.

Mostert het Dinsdag gesê hy beplan om ’n aansoek om borgtog in te dien hangende die uitkoms van Rohde se appèlaansoek in Bloemfontein.

Meer oor:  Borgtogaansoek  |  Jason Rohde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.