Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Jazz-musikant kry borgtog van R1 000

Die hof het Maandag ’n internasionaal bekende jazz-musikant wat Vrydag in hegtenis geneem is, op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die man het in die landdroshof in Blue Downs op ’n aanklag van onsedelike aanranding en ’n aanklag van verkragting verskyn. Die klaer in die geval is ’n man (21) wat beweer dat hy vanaf 2013 toe hy 14 was tot 2019 deur die man seksueel aangerand is.

Die hof het ook gelas dat die man, glad nie Soneike, waar hy woon, mag besoek nie. Hy mag ook nie die klaer of enige staatsgetuie kontak nie.

Dis hof het ook die aansoek van twee mediahuise om foto’s te neem en dit eerste te verfilm, van die hand gewys. Daar mag ook geen foto’s van die musikant geneem of gepubliseer word nie.

Sy identiteit mag ook nie bekend gemaak word nie. Die besonderhede van die klaer in die geval mag ook nie bekend gemaak word nie.

Die man is Vrydag by sy huis in Kuilsrivier in hegtenis geneem. Die man het in sy borgtogaansoek aangevoer dat hy as direkteur van ’n musiekskool in een van Kaapstad se voorstede slegs sowat R7 000 per maand verdien.

Hy het twee kinders wat nog op skool is en hy moet sy vrou en kinders skool en werk toe vervoer.

Sy vrou kan glo nie bestuur nie en albei sy kinders, ’n meisie (17) en seun (14), word deur hom skool en werk toe vervoer. Hy is al 18 getroud en woon al 13 jaar by sy huis in Soneike, Kuilsrivier.

Die man geklee in ’n opgestopte wintersbaadjie, swart broek en met ’n pers kombers in sy hand het heel gemaklik voorgekom.

Hy het aangedui dat hy slegs R1 000 borgtog kan bekostig. Die staat het aanvanklik aangevoer dat R5 000 as borgtog genoegsaam is, maar het na verdere konsultasie ooreengekom dat die bedrag van R1 000 voldoende is. Hy moet ook elke Maandag en Vrydag by die Kuilsrivier-polisiestasie aanmeld. Die saak is tot 30 Oktober uitgestel.

Meer oor:  Blue Downs  |  Borgtog  |  Musikant  |  Vrygelaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.