Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Jesse Hess-moordsaak weer uitgestel

Die staat het weer uitstel gevra in die moordsaak van Jesse Hess, wat in 2019 in die noordelike voorstede van Kaapstad vermoor is.

Hess en haar stiefoupa, Chris Lategan, is in hul woonstel in Parow verwurg.

David van Boven (31) en Tasliem Ambrose (38) het Woensdag op aanklagte van onder meer moord en roof met verswarende omstandighede in die landdroshof in Bellville verskyn.

Die vermoorde teologiestudent Jesse Hess. Foto: Facebook/Jesse Hess

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolgings in die Wes-Kaap, het bevestig die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die beskuldigdes moet weer op 10 Julie in die hof verskyn.

Tydens hul vorige verskyning is die saak uitgestel sodat die volledige klagstaat op hulle bedien kon word, maar Ntabazalila kon nie bevestig of dit wel gedoen is nie.

Die saak sal na verwagting binnekort na die hooggeregshof in Kaapstad oorgeplaas word.

Van Boven, ’n verlangse familielid van Hess, en Ambrose het glo op 30 Augustus kort ná 12:00 by die woonstel opgedaag waar Hess-hulle gewoon het. Hulle het glo geld gesoek.

Bronne beweer Van Boven het geweet dat Hess die oggend van haar dood R5 000 in ’n kompetisie van die radiostasie Heart 104.9 gewen het. Hulle het glo gedink sy het reeds die geld gekry.

Hess was ’n teologiestudent in haar eerste jaar aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Van Boven was tydens die moorde op parool en is toe reeds weer gesoek weens sy beweerde betrokkenheid by ’n ander ernstige misdaad.

Hy is in Struisbaai in die Overbergstreek in hegtenis geneem.

Meer oor:  Jesse Hess  |  Landdroshof  |  Belville  |  Moordsaak  |  Uitstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.