Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
JMPD-lede in hof wat omkoopgeld vra

Vyf lede van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) wat glo vir ’n motoris omkoopgeld gevra het, is Maandag deur die Valke in hegtenis geneem.

Dié verkeerskonstabels, Patrick Njova (38), Simphiwe Diko (36), Siyabulela Kheswa (36), Smanga Mthethwa (33) en Fumani Maluleke (26), het Maandag in die hof in Germiston op aanklag van korrupsie verskyn.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, Valke-woordvoerder, sê dié lede, wat by die JMPD-kantoor in Randburg in hegtenis geneem is, het glo in Maart vir ’n motoris omkoopgeld gevra.

“Die beamptes het ’n motor in Cleveland voorgekeer. Hulle het ’n ongelisensieerde vuurwapen in die voertuig gekry en omkoopgeld geëis. Die bestuurder is vrygelaat nadat hulle R15 000 geëis het.

“Die bestuurder is verlede week weer met ’n ongelisensieerde vuurwapen betrap en het die polisie vertel van die vyf beamptes wat in Maart omkoopgeld by hom gesoek het.”

Mulamu sê sy hoop dié inhegtenisnemings wys dat korrupsie nie geduld word nie.

“Die lede het nie net versuim om hul werk reg te doen deur die bestuurder in hegtenis te neem nie, maar ook oneerbaar opgetree. Hulle was gulsig deur hul posisie te gebruik om voordeel uit die situasie te trek.”

Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder, het bevestig die lede is geskors hangende ’n interne ondersoek.

Die lede is op borgtog van R2 000 vrygelaat en verskyn weer op 13 Oktober in die hof.

Meer oor:  Jmpd  |  Omkopery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.