Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Johann Heunis se moordverhoor uitgestel

Justice Sethlangu (36), wat daarvan beskuldig word dat hy Johann Heunis voor sy dogtertjie doodgeskiet het, het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.

Hy het voor regter Hennie de Vos verskyn op ’n aanklag van moord, twee aanklagte van huisbraak met die bedoeling om te roof, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede en aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Justice Sethlangu (36) Woensdag in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pretoria.Foto: Isabel Venter

Johann is twee jaar gelede op 1 Oktober 2016 voor sy vrou, Mariandra, en hul oudste dogtertjie, Mieke, doodgeskiet nadat inbreker(s) hulle in die vroeë oggendure op hul kleinhoewe buite Pretoria oorval het.

In daardie stadium was Mariandra agt maande swanger met die egpaar se vierde kind, André.

Sethlangu word daarvan beskuldig dat hy en nog twee verdagtes sowat vier maande voor die aanval op die Heunis-gesin ingebreek het op die hoewe van dr. Mart Scholtz Koen.

Johann Heunis wat in Oktober 2016 voor sy vrou, Mariandra, en hulle jong dogtertjie doodgeskiet is.

Koen was alleen in haar huis en haar aanvallers het haar vasgebind en aangehou.

Daar word aangevoer Sethlangu en dieselfde twee verdagtes het ook by die huis van Stephanus Petrus Lourens en Maria Beets ingebreek. Lourens en Beets is aangehou en beroof van verskeie huisitems.

In albei gevalle was die hoewes in Leeuwpoort, dieselfde gebied waar die Heunis-gesin se hoewe geleë was.

Sethlangu is ’n jaar ná die inbrake in hegtenis geneem nadat die polisie glo sy vingerafdrukke op van die misdaadtonele gevind het.

Sy medebeskuldigdes is nog op vrye voete.

Sethlangu se regsverteenwoordiger het Woensdag aangedui hy is nie gereed om voort te gaan met die saak nie. Sethlangu sê hy wag nog op inligting van die polisie om hom in staat te stel om nog voor te berei vir die saak.

Regter De Vos het die saak uitgestel tot vroeg Desember sodat al die nodige inligting bekom kan word en daar met die verhoor begin kan word.

Meer oor:  Pretoria  |  Hof  |  Uitgestel  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.